NewsNews

Skerp draai eis jong sakeman

VANDERBIJLPARK. - Boodskappe van medelye stroom steeds in op die Facebook-blad van Brandon van Dyk (18), die jong Vanderbijlparkse sakeman wat Saterdagnag in ‘n voertuigongeluk gesterf het.

VANDERBIJLPARK. – Boodskappe van medelye stroom steeds in op die Facebook-blad van Brandon van Dyk (18), die jong Vanderbijlparkse sakeman wat Saterdagnag in ‘n voertuigongeluk gesterf het.

Wyle Brandon van Dyk (18), ‘n jong sakeman van Vanderbijlpark, het Saterdagaand in ‘n voertuigongeluk gesterf toe hy omstreeks middernag beheer oor sy voertuig verloor het by ‘n skerp draai op die Stokkiesdraaipad. Hy was  alleen in die voertuig.
Wyle Brandon van Dyk (18), ‘n jong sakeman van Vanderbijlpark, het Saterdagaand in ‘n voertuigongeluk gesterf toe hy omstreeks middernag beheer oor sy voertuig verloor het by ‘n skerp draai op die Stokkiesdraaipad. Hy was alleen in die voertuig.

Brandon, wat saam met sy pa Marius en broer, Bruce van Dyk, mede-eienaar van M&B Offroad Centre Services in Vanderbijlpark was, het Saterdagaand omstreeks middernag alleen in een van die onderneming se bakkies op die Stokkiesdraaipad gery toe hy vermoedelik by ‘n skerp draai beheer oor die voertuig verloor het. Die Toyota Hilux het verskeie kere gerol, voordat dit op sy wiele tot stilstand gekom het. Brandon het op slag gesterf. Sy broer Bruce, het Maandag aan Vaalweekblad gesê die Van Dyk-gesin is gebroke en het self nog min inligting oor hoe die ongeluk gebeur het. Die polisie is nog besig met die ondersoek. Volgens Bruce het Brandon sy skoolopleiding aan ‘n privaatskool voltooi voordat hy as vennoot in die familieonderneming betrokke geraak het. Die begrafnisreëlings was teen Vaalweekblad se spertyd nog nie gefinaliseer nie.

Related Articles

Back to top button