NewsNews

Vrae ná nog diefstal van perdetoerusting

Die raaisel rondom die diefstal van perdetoerusting verdiep steeds. Dit nadat daar voorverlede week vir die tweede week agtereenvolgens perdetoerusting gesteel is.

Die raaisel rondom die diefstal van perdetoerusting verdiep steeds. Dit nadat daar voorverlede week vir die tweede week agtereenvolgens perdetoerusting gesteel is.
Die jongste voorvalle was in die Parys-distrik in die Barrage-omgewing waar minstens twee voorvalle sedert 15 Julie by die polisie gerapporteer is.
In een van die voorvalle by Lyurence Sher op die plaas Damlaagte is 12 perdesale (waarvan drie cowboy-, ses spring- en drie veeldoelige sale is) en ander perdetoerusting soos tome en stiebeuels uit ’n toegesluite vertrek, gesteel. Die inbrekers het met die alarmstelsel gepeuter om te verhinder dat dit sou afgaan.
Op 10 Julie is op soortgelyke wyse saalperdtoerusting ter waarde van sowat R30 000 waaronder saalperd sale, tome, halters, stange, knippers en tail sets op die Dedwiths se plaas Rensburgsdrift in die Vredefort-distrik gesteel. Die toerusting en ’n Datsun bakkie is uit ’n perdestal op die plaas gesteel en is steeds nie teruggevind nie.
’n Ernstige beroep word op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees, sou daar gepoog word om hierdie toerusting uit die hand te verkoop.
Mense wat genader sou word of enige inligting het moet asseblief die Parys of Vredefort polisiestasies skakel.
‘n Beloning van R20 000 word aangebied vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle arrestasie van die skuldiges wat verantwoordelik was vir die diefstal van die perdetoerusting op Damlaagte, asook ’n beloning van R5 000 vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle terugvind van Daytona, die 14 maande oue Pointer tefie op die foto, wat sedert die diefstal op Damlaagte soek is.
Sy het ’n mikroskyfie. Drie van die vier honde op die plaas is tydens die diefstal vergiftig maar tot dusver kon geen spoor van Daytona gekry word.

Related Articles

Back to top button