NewsNews

Sakeman en sy vrou in hof oor bedrog

’n Sakeman van Parys, mnr. André Retief, en sy vrou, Antoinette, het verlede Woensdag vlugtig in die landdroshof in Parys voor landdros Leshnee Pillay verskyn.

’n Sakeman van Parys, mnr. André Retief, en sy vrou, Antoinette, het verlede Woensdag vlugtig in die landdroshof in Parys voor landdros Leshnee Pillay verskyn.

Hul verskyning hou verband met verskeie klagte van beweerde bedrog by die onderneming, Corner Motors, wat hier deur hulle bedryf is. Hulle sou gister weer in die hof verskyn het vir ’n formele borgaansoek. Albei het aansoek gedoen om regshulp.
Retief sou ook Dinsdag in die Potchefstroomse landdroshof verskyn het op soortgelyke klagtes.
Sedert die egpaar verlede week hulself aan die polisie oorgegee het, het talle klaers woedend en verslae daagliks voor die deure van die motorhandelaar gestaan wat sedertdien gesluit is – onseker oor hoe hulle hul motors sou terugkry of geldelike verliese te bowe gaan kom.
Die gesamentlike verlies van die 18 klaers in Parys beloop reeds nagenoeg R2 miljoen. Die egpaar was teen Gazette se druktyd nog in aanhouding.

Related Articles

Back to top button