NewsNews

Lucky kry ’n tweede kans

Sy naam is Lucky - en gelukkig is hy inderdaad, want hierdie tierboskat se lewe is gered danksy Pieter Kemp en Johan en Brigitta Wessels.

Sy naam is Lucky – en gelukkig is hy inderdaad, want hierdie tierboskat se lewe is gered danksy Pieter Kemp en Johan en Brigitta Wessels. Pieter het Dinsdagoggend ‘n oproep van Koppies-polisiestasie gekry nadat klagtes van die inwoners van Kwakwatsi ontvang is dat daar ‘n ‘luiperd’ onder ’n hoenderhok is. Mense was bang vir hul veiligheid met dié dier in die omgewing en die eerste gedagte was om dit te skiet.
Pieter het egter dadelik gekeer en is saam met veearts Johan Wessels na Kwakwatsi om te gaan seker maak wat skuil onder die hoenderhok. ’n Luiperd was dit nie, maar wel ’n tierboskat mannetjie wat ’n bedreigde spesie is.
Met die hulp van Johan is die tierboskat verdoof en na Parys Dierehospitaal gebring, waar die veeartse, Johan en Brigitta hulle oor die dier ontferm het en hom die nodige behandeling gegee het. X-strale het gewys dat die dier ’n stuk draad om sy been gehad het – ’n besering as gevolg van ’n valstrik. Tydelike permitte is toe van die Vrystaatse Departement Natuurbewaring gekry vir die herstel en rehabilitasie van Lucky. Hy sal nou vir eers by die Kemps aansterk by The Dell Cheetah Centre, waarna hy in die Koppies Natuurreservaat losgelaat sal word. ’n Storie met ’n baie gelukkige einde vir Lucky.

Related Articles

Back to top button