NewsNews

Belastingkortings: Doen nou aansoek

Pensioenarisse wat wil aansoek doen vir korting op erfbelasting vir die 2016 finansiële jaar het nog net tyd tot 31 Augustus.

Pensioenarisse wat wil aansoek doen vir korting op erfbelasting vir die 2016 finansiële jaar het nog net tyd tot 31 Augustus.
Persone wat hulp daarmee benodig is welkom om rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus te skakel by (058) 852 2041, of rdl. Shirley Vermaak van die DA by (056) 817 7211. Aansoekvorms is verkrygbaar by hulle of by enige munisipale kantoor in Ngwathe.
Grondeienaars wie se huishoudelike inkomste minder as R5 280 per maand beloop, ouer is as 60 jaar, self die eiendom bewoon en nie meer as een vaste eiendom besit nie, kwalifiseer vir die korting.
Kerke, welsyns-, opvoedkundige- of liefdadigheidsinstellings wat eiendom besit en vir vrystelling van erfbelasting aansoek wil doen, moet dit ook nou doen.
Neem asseblief kennis dat aansoek elke jaar opnuut gedoen moet word en dat vrystelling van betaling van inkomstebelasting ’n voorvereiste is vir ’n suksesvolle aansoek. ‘n Sertifikaat van die SAID moet die aansoek vergesel.

Related Articles

Back to top button