NewsNews

Motor brand ná hulp met elek-trisiteit

Die Ngwathe munisipaliteit se senior tegniese assistent in die elektriese afdeling, Johan Bester, het Saterdagaand ter nouer nood aan die dood ontkom toe sy motor, ’n 2009-model Toyota Corolla net na middernag onverklaarbaar aan die brand geraak het toe hy onderweg was huis toe nadat hy uitgeroep is om ’n elektriese probleem te gaan herstel.

Johan vertel dat sy kollegas op bystand die aand net na middernag laat weet het van ’n kragonderbreking in die omgewing van Unie-, Wes, en Allenbystrate. Hy is gevra om te gaan help. Die krag is gou herstel. Skaars 2m van Eskom se hoofsubstasie het hy ’n brandreuk in die motor geruik en dadelik stilgehou om te probeer vasstel wat fout is. Binne ’n oogwink was die motor in vlamme en kon niks gedoen word om die verwoestende brand te keer nie.

Die Toyota Corolla van Johan Bester wat Saterdagaand uitgebrand het toe dit op ‘n onverklaarbare wyse aan die brand geraak het.

Related Articles

Back to top button