NewsNews

Grondeienaars wag nou op goedkeuring van Koepel se sakeplan

’n Sakeplan vir die bestuur van die Vredefort Koepel is nou saamgestel en word tans gesirkuleer tussen die onderskeie regeringsdepartemente vir uiteindelike goedkeuring deur die Departement van Finansies.

’n Sakeplan vir die bestuur van die Vredefort Koepel is nou saamgestel en word tans gesirkuleer tussen die onderskeie regeringsdepartemente vir uiteindelike goedkeuring deur die Departement van Finansies.

Sonder hierdie goedkeuring kan proklamasie van die Vredefort Koepel tot Wêrelderfenisgebied in terme van Suid-Afrikaanse wetgewing nie plaasvind nie. Die sperdatum vir goedkeuring is in September, waarna die begroting vir die sakeplan in April 2016 goedgekeur moet word. Dit was die terugvoer aan grondeienaars in die Vredefort Koepel Saterdagoggend toe daar by Stonehenge bymekaargekom is om die vordering wat reeds gemaak is in die proses, te bespreek. Sowel die Vrystaatse- en Noordwes Grondeienaarsverenigings as die Dome Meteoriet Park Bewarea het tot dusver ’n leidende rol gespeel in die jarelange proses om te verseker dat proklamasie gedoen word sonder dat grondeienaars se bestaande regte geaffekteer word.

Die hoogtepunt hiervan was die ondertekening van die Memorandum van Ooreenkoms in 2012 waarin die regering onder meer onderneem het om grondeienaars se bestaande wettige gebruik van die grond te erken asook hul reg op veiligheid.

Daarteenoor staan die verbintenis om ook hierdie prag natuurwonder te bewaar en te beskerm met balans, respek en reëls ten opsigte van toerisme en bewaring. Hoewel die vergadering aanvanklik op regeringsversoek aangevra is om die nuwe projekbestuurder vir die Vredefort Koepel, mnr. Makgolo Makgolo, aan grondeienaars bekend te stel, en die pad vorentoe te bespreek, het die regering op die laaste minuut gevra dat die vergadering gekanselleer word omdat bepaalde prosesse nog deurloop moet word voordat gedetaileerde terugvoer aan grondeienaars gegee kan word.

Die Vrystaat- en Noordwes Grond-eienaarsverenigings en die Dome Meteoriet Park Bewarea was dit eens dat die vergadering tog moes voortgaan om terugvoer te gee aan hul lede. Adv. De Waal Nigrini, voorsitter van die Noordwes Grondeienaarsvereniging het verduidelik dat die span van die Noordwes- en Vrystaatse Grondeienaarsvereniging tesame met die raadgewende firma, Breathe Consulting, die breedvoerige sakeplan voorberei het waarvan ’n deel hiervan spesifiek verband hou met interaksie tussen die onderskeie munisipaliteite en regeringsowerhede en die rol wat elkeen vervul binne dié Koepel. Hoewel uitgebreide studies vroeër oor die bewaring van die Koepel-gebied gedoen is, handel die sakeplan uitsluitlik oor die bestuur van die gebied.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button