CommunityNews

Student (20) sterf in gru- ongeluk

Die motor was opgefrommel onder ’n vragmotor en haar familie was op die toneel toe personeel van die nooddienste haar lyk uit die motor gehaal het.

Die motor was opgefrommel onder ’n vragmotor en haar familie was op die toneel toe personeel van die nooddienste haar lyk uit die motor gehaal het.

Die brandweer besig om Bianca uit die wrak te bevry.
Die brandweer besig om Bianca uit die wrak te bevry.

Dit was die ontstellende toneel wat mense op die toneel van die ongeluk voor hul oë sien afspeel het. Bianca Page (20), ’n farmasiestudent aan die PUK, was Maandagoggend omstreeks 07:00 in dié noodlottige ongeluk met ’n tenkwa op die N12 tussen Johannesburg en Potchefstroom betrokke. Die ongeluk het ongeveer 20km van Potchefstroom plaasgevind.

Volgens ’n ooggetuie wat agter die tenkwa gery het, het Bianca, wat na Potchefstroom op pad was, se motor, ’n Nissan Micra, van die pad af gegaan. Toe sy haar motor weer terug op die pad probeer kry, het sy voor die tenkwa, wat op pad was na Johannesburg, ingery. Die tenkwa het haar motor getref en vir ongeveer 50m oor die pad gestoot.
“Ek het net stof gesien en toe die trok en die kar,” vertel die ooggetuie.

Die trokdrywer is hospitaal toe geneem om vir skok behandel te word. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die tenkwa gelukkig leeg, wat die gevaar van ’n ontploffing uitgesluit het. Bianca se neef, Colin was op die toneel. Hy het aan die Herald gesê dat Bianca se pa ’n oproep van Netstar af gekry het wat op hul stelsel kon sien dat haar motor se battery ontkoppel is.

“Hy het gebel en gevra dat ek moet gaan kyk, omdat hulle in Germiston woon en ek hier in Potch is.” Colin het Bianca probeer bel, by haar huis opgedaag, maar kon niks wys word nie. Later het hy verskeie insleepdienste gebel om te hoor of hulle nie van ’n ongeluk weet nie.

“Hulle het gesê daar was ’n lelike ongeluk op die N12 en toe hulle vir my die registrasienommer gee, het ek besef dat dit Bianca is,” het ’n baie emosionele Colin gesê. Die brandweer, weermag en verkeer het tot 11:00 gespook om Bianca se lyk uit die kar te kry. “So jonk en mooi. Sulke tonele pla my altyd,” het Manyoba aan die Herald gesê.

In ’n ander ongeluk op 3 Julie, is mev. Trudie Kotze dood toe sy na haar ma in Fochville op pad was. Sy het beheer verloor oor die voertuig wat begin rol het. Toe die polisie op die toneel kom, het hulle haar lyk omtrent 20m van die voertuig af gekry. Sy het toe reeds aan haar beserings beswyk. Haar begrafnis is op 10 Julie om 14:00 uit die NG Potchefstroom-Noord gemeente.

Related Articles

Back to top button