CommunityNews

Bekende sakeman tragies oorlede

Potchefsroom - Die mede-stigter van Profert Kunsmis en uitvoerende voorsitter van Profert Holdings, mnr. Abie van der Walt (65), is Maandag tragies in Potchefstroom oorlede.

Potchefsroom – Die mede-stigter van Profert Kunsmis en uitvoerende voorsitter van Profert Holdings, mnr. Abie van der Walt (65), is Maandag tragies in Potchefstroom oorlede.

Mnr. Van der Walt is dood by sy huis met ’n skietwond gevind. Geen misdaad word vermoed nie. Van der Walt het diep spore in die kunsmisbedryf getrap. Hy het sy loopbaan in die vroeë 70’s by dr. Louis Luyt se Triomf begin en later ‘n leidende rol by Kynoch Kunsmis vervul.

Nadat AECI se ammoniak en ureum aanleg by Modderfontein en die ammoniak aanleg in Milnerton gesluit is, het hy saam met wyle mnr. Hubert Jarlet en mnr. Anton van Rooyen Profert Kunsmis tot stand gebring. Hulle het saam, en met die hulp van Senwes Beperk en Sanlam (via Gensec), Profert uitgebou tot een van die grootste kunsmismaatskappye in Suid-Afrika en ‘n voetspoor in Suider Afrika gelaat. Die onderneming is ook gediversifiseer om ‘n groter deel van die waardeketting van voedselproduksie te dek. Mnr. Van Rooyen van Profert het hul innige simpatie met Van der Walt se vrou, Anita, dogter Franciska, skoonseun Johan Liebenberg en drie kleinkinders uitgespreek.

Met druktyd was die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie, maar voorlopige aanduidings is dat daar volgende Dinsdag, 14 Julie ‘n gedenkdiens in Potchefstroom sal plaasvind.

Related Articles

Back to top button