CommunityNews

Klein brakkie is ‘geen baas se honne’

SASOLBURG. – Inwoners van ‘n woongebied naby die stadion het ‘n weggooihond en sy maat nou maar hul eie gemaak, nadat die brak vir meer as ‘n jaar al op ‘n hoek in die woongebied bly.

SASOLBURG. – Inwoners van ‘n woongebied naby die stadion het ‘n weggooihond en sy maat nou maar hul eie gemaak, nadat die brak vir meer as ‘n jaar al op ‘n hoek in die woongebied bly.

Die langbeen Jack Russell reun het meer as ‘n jaar gelede saam met wat gelyk het soos ‘n brindle Boerboel, op die hoek homself tuisgemaak. Hulle was baie verskrik en niemand kon in daardie stadium naby hulle kom nie. Verskeie inwoners het die DBV gekontak oor die honde, maar die DBV kon nie daarin slaag om hulle te vang nie. So het die maande verloop en die honde het in ‘n stadium uit die woongebied verdwyn.

‘n Ruk later was die Jack Russell reun terug, maar daar was geen teken van die boerboel nie. Hy was egter nie alleen nie en het ‘n nuwe maatjie, ‘n klein, bruin basterbrakkie, gekry om sy hoek mee te deel. Hy was brandmaer en sy ribbebene was duidelik sigbaar deur sy vel. Dit is toe waar die goedhartigheid van mense in die woongebied begin het. Iemand het ‘n kombersie op die hoek teen die muur gaan sit waarop die honde die koue wintersaande kan slaap. Hulle het ook ‘n water- en kosbak vir die honde neergesit en hulle kry nou daagliks kos.

Hoewel die een hondjie se ribbebene steeds duidelik sigbaar is, het hy darem al bietjie lyf gekry en is hy ook nie meer so verskrik nie. Wys jou net, al is dit niemand se honde nie, ontferm mense hul steeds oor die brakke, want, soos die sêding lui, “A dog is man’s best friend”, of in hierdie geval, die brak is die buurt se “buddy”.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button