NewsNews

R59 eis nóg twee jonges

VANDERBIJLPARK. - “Dit het nog nie behoorlik ingesink dat my boetie Pieter vir altyd uit my lewe is nie.

VANDERBIJLPARK. – “Dit het nog nie behoorlik ingesink dat my boetie Pieter vir altyd uit my lewe is nie. Ek weet nie hoe ek sonder hom kan voortgaan nie maar ek dank die Here dat hy sy laaste tydjie op aarde by my kon deurbring.”

Só sê me. Angelique de Wet nadat haar broer, Pieter van Jaarsveld (29), Vrydag in ‘n botsing op die R59-snelweg gesterf het. ‘n Laaste foto van hulle twee saam is skaars ‘n uur voor sy dood geneem.

“Hy was ‘n mens duisend en het altyd die beste in ander na vore gebring. Hy was ‘n lewenslustige mens en baie bekend in plaaslike sosiale dansplekke. Hy kon alles doen: hy het sy eie haarkappery gehad maar kon ook sing, kosmaak en selfs naaldwerk doen. Hy was nie net my broer nie maar ook my beste vriend,” sê Angelique. Pieter was Vrydagoggend op die R59-snelweg op pad huis toe vanaf Sasolburg na Vanderbijlpark toe hy in die noodlottige botsing betrokke was.

Hoewel hy aan die Rand grootgeword het, het hy die afgelope 11 jaar in die Vaaldriehoek gewoon. Buiten sy ma, wat in Kragbron bly, word hy ook deur twee jong kinders, Natalie en Duane, oorleef. Die begrafnisreëlings was teen Vaalweekblad se saktyd nog nie getref nie en sal op Vaalweekblad Facebook bekendgemaak word.

* Nóg ‘n jong man, Willie Oosthuizen, het Saterdagaand op die R59 gesterf toe sy motor in ‘n tromp-op botsing teen ‘n vragmotor betrokke was. Teen Vaalweekblad se saktyd kon sy naasbestaandes nog nie vir meer inligting bereik word nie.

Related Articles

Back to top button