CommunityNewsNewsNews galleriesPhoto Galleries

Ernstige ongeluk weens digte rook

MEYERTON. - Die R59-hoofweg was laasweek Woensdag in chaos gedompel toe ses voertuie in ’n kettingbotsing naby die Blokhuis betrokke was.

MEYERTON. – Die R59-hoofweg was laasweek Woensdag in chaos gedompel toe ses voertuie in ’n kettingbotsing naby die Blokhuis betrokke was.

Volgens mnr. André Bronkhorst, takbestuurder van ER24 Vaal, het vyf persone beserings opgedoen. Drie van hulle is ernstig beseer en is in ‘n kritieke toestand deur ER24 en Netcare 911 na onder meer die Milpark- en Unie Hospitaal gevlieg. Slegs die bestuurder van die vragmotor, wat ook in die ongeluk was, het nie beserings opgedoen nie. Brandweerpersoneel van Midvaal Brandweer het behoorlik gespook om die pasiënte met lewenskake uit die wrakke te sny.

Die oorsaak van die ongeluk kan moontlik toegeskryf word aan swaar rook van ‘n veldbrand wat oor die pad gehang het en die sig van motoriste belemmer het. “Die afgelope twee weke het ons reeds drie ernstige ongelukke gehad as gevolg van rook. Motoriste moet ekstra versigtig wees wanneer daar rook oor die pad hang,” sê mnr. Bronkhorst. Die R59-hoofweg was vir ’n geruime tyd aan beide kante gesluit.

* Daar was ook verskeie ander ongelukke wat weens swaar mis veroorsaak is.

Related Articles

Back to top button