HealthLifestyleNewsNews

Aanranding by skool op video vasgevang

VEREENIGING. - ’n Skokkende video waarin ’n leerling van Krugerlaanskool deur ’n medeleerling aangerand word, het vandeesweek soos ’n veldbrand wêreldwyd op sosiale media en Youtube versprei.

VEREENIGING. – ’n Skokkende video waarin ’n leerling van Krugerlaanskool deur ’n medeleerling aangerand word, het vandeesweek soos ’n veldbrand wêreldwyd op sosiale media en Youtube versprei.

Weens die feit dat albei die betrokke partye minderjarig is, het Vaalweekblad dit aanvanklik nie op sy multimedia platforms gelaai nie, maar dit wel gedoen nadat die persombudsman se mening ingewin is. Die opname wat deur ’n medeleerling op sy selfoon gemaak is, wys hoe die slagoffer herhaaldelik plathand deur die gesig geklap word, in die ribbes geslaan word en met die knieg gestamp word. ’n Onderwyser is skynbaar in die klaskamer, maar doen glo niks om die aanval te stop nie.

Volgens mnr. Joseph Potgieter, hoof van Krugerlaanskool, is hy deur die onderwysdepartement aangeraai om nie kommentaar oor die voorval te lewer nie. “Ons beskou die aangeleentheid in ‘n baie ernstige lig,” het hy by navraag gesê.

Die saak word volgens hom deur die onderwysdepartement ondersoek. Weens die skole- en openbare vakansiedag was dié departement teen saktyd nie vir kommentaar beskikbaar nie. Daar is glo ook ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak, maar die betrokke polisiewoordvoerder was nie beskikbaar om dit te bevestig nie. Volgens ’n betroubare bron is dit nie die eerste voorval van geweld by die skool nie.

“My seun kla al vir maande oor die geweld. Dié video bewys dit net dat daar ‘n ernstige probleem by hierdie skool is. ‘n Ruk gelede is ‘n ander leerling glo met ‘n hamer oor die kop geslaan en het met baie ernstige beserings in die hospitaal beland. My seun het my ook al gesê dat kinders mekaar met skêre aanval,” het die bron wat versoek het om anoniem te bly, gesê. “Die onderwyser is die persoon op die video wat agter sy tafel sit en nie eens opkyk nie,” het die bron gesê.

“My seun het talle kere al genoem hoe sommige onderwysers kru taal gebruik en die voorvalle net ignoreer. Ek het hom nie geglo nie, tot hy dié video vir my gewys het.”

Related Articles

Back to top button