NewsNews

Pad-kontrakteur kry uitstel

Die kontrakteur wat verantwoordelik is om Chief Albert Luthulistraat breër te maak, het nou ‘n langer tyd om die pad te voltooi.

Die kontrakteur wat verantwoordelik is om Chief Albert Luthulistraat breër te maak, het nou ‘n langer tyd om die pad te voltooi.

Dié pad wat op 5 Junie moes klaar wees, sal nou op 7 Julie klaar wees. Op 7 Junie het die stadsraad en die kontrakteur ’n vergadering gehou oor die vordering wat die kontrakteur tot dusver gemaak het. Dit nadat wyksraadslid Bertus le Roux sy kommer oor die stradige vordering van die pad teenoor die stadsraad uitgespreek het. Die kontrakteur, Elebone Multi Purpose, het aan die stadsraad verduidelik dat oorkapitalisering by ander projekte hulle in die knyp gehad het en daarom die stadige vordering.

Die kontrak beloop sowat R3 miljoen. Dit is nog onduidelik hoeveel geld al aan die kontrakteur oorbetaal is. Wyksraadslid Bertus le Roux het gevra dat die kontrak beëindig word en ’n nuwe kontrakteur aangestel word om die pad te voltooi. Volgens die burgemeester se woordvoerder, Victor Boqo, is die kontrakteur besig om goeie vordering te maak.

“As die kontrakteur nie hou by die nuwe spertyd van 7 Julie nie, sal die stadsraad die kontrak beëindig. Die burgemeester, Mnr. Kgotso Khumalo het sy kommer uitgespreek oor die vertraging en ‘n beroep op die inwoners gedoen om geduld in hierdie verband uit te oefen. Hy het verder verskoning gevra vir die ongerief aan die gemeenskap en besoekers. Hy sal binnekort al die projekte besoek om die gereedheid en vooruitgang daarvan te kontroleer. Die datum sal binnekort aan die media bekendgemaak word,” het Boqo gesê.

Intussen het Le Roux sy kommer uitgespreek oor die toestand van die paaie wat as ompaaie gebruik word. Die kruising by Spruit- en Palmietstraat is onlangs toegemaak nadat daar ’n groot waterlek ontstaan het. Die pad is ook erg vervalle.

“Dit is die direkte gevolg van swaar voertuie en ander verkeer wat hierdie pad as ‘n ompad gebruik weens die padwerke in Chief Albert Luthulistraat,” het Le Roux by wyse van ’n brief aan die stadsraad gesê.

Spruitstraat waar die waterlek ontstaan het.
Spruitstraat waar die waterlek ontstaan het.

Related Articles

Back to top button