NewsNews

Afriforum maak seer oog skoon

VANDERBIJLPARK. – Lede van AfriForum se Vanderbijlparktak het op Saterdag 13 Junie 2015 ingespring en Phoenixpark in SE2 skoongemaak. Die span vrywilligers het ten minste vier groot sleepwavragte vol rommel verwyder wat reeds maande lank in die middelste gedeelte van die park ophoop. Die rommel is nie net ‘n seer oog nie, maar hou gesondheidsgevare …

VANDERBIJLPARK. – Lede van AfriForum se Vanderbijlparktak het op Saterdag 13 Junie 2015 ingespring en Phoenixpark in SE2 skoongemaak. Die span vrywilligers het ten minste vier groot sleepwavragte vol rommel verwyder wat reeds maande lank in die middelste gedeelte van die park ophoop. Die rommel is nie net ‘n seer oog nie, maar hou gesondheidsgevare in.

Orion Voortrekkers van Vanderbijlpark asook talle vriende en ondersteuners uit die gemeenskap het kom help. Stefan Marais, Afriforum Vanderbijlpark se voorsitter vir omgewingsake, sê dat dorpsinwoners se aktiewe betrokkenheid by die bewaring van hulle eie omgewing die sleutel is tot netjiese en veilige parke en ontspanningsareas. “Slegs as ons as inwoners saamstaan en mekaar ondersteun, sal ons die dorp kan netjies hou. Dit is ons plig om betrokke te raak indien ons nie die nodige ondersteuning vanaf bestaande strukture ontvang nie”, het Marais gesê. Hy het verder elke vrywilliger bedank wat hard kom werk het om die park op te ruim.
Die langtermynplan is om die park uiteindelik te rehabiliteer met die hulp van borge en besorgde inwoners. Die tak gaan met die Emfuleni plaaslike munisipaliteit hieroor in gesprek tree vanuit die oogpunt van positiewe samewerking.
Rommelgrawers bly ‘n uitdaging – deur huishoudelike vullis vooraf te sorteer en herwinbare items in deurskynende sakke te plaas, verhoed dit dat herwinnaars in sakke hoef te krap. Die enigste manier om onwettige rommelstorting of rommelstrooiery te hanteer, is om teen die skuldiges op te tree. Inwoners word versoek om duidelike foto’s te neem van enige sulke onwettige storting, sodat die oortreders opgespoor kan word. Die sondaars is nie net onetiese tuindienste of rommelverwyderingsdienste nie, maar dikwels ook inwoners wat tuinvullis of ander rommel onwettig stort.
Om meer uit te vind oor al Afriforum Vanderbijlpark se projekte of om by die tak aan te sluit, stuur gerus e-pos aan afriforumvdb@gmail.com.
Afriforum het Phoenix Park in Vanderbijlpark skoongemaak. Foto: Jannie du Plessis - Eye in the Sky
Afriforum het Phoenix Park in Vanderbijlpark skoongemaak. Foto: Jannie du Plessis – Eye in the Sky

DJI_0077B

Related Articles

Back to top button