NewsNews

Vier dood en 23 beseer in kettingbotsing weens veldbrand

VANDERBIJLPARK. - Chaos het verlede Vrydagmiddag op die R59 Sybrand van Niekerk-hoofweg tussen Sasolburg en Vereeniging geheers toe ‘n groot kettingbotsing die lewens van vier mense geëis het en 23 beseer gelaat het.

VANDERBIJLPARK. – Chaos het verlede Vrydagmiddag op die R59 Sybrand van Niekerk-hoofweg tussen Sasolburg en Vereeniging geheers toe ‘n groot kettingbotsing die lewens van vier mense geëis het en 23 beseer gelaat het.

Die ongeluk het op 5 Junie omstreeks 14:00 net na die brug oor die Vaalrivier plaasgevind. Volgens ER24 is die ongeluk veroorsaak deur ‘n Toyota Venture-minibus wat agter in ‘n trok vasgery het, nadat digte rook van ‘n veldbrand die pad versper het. Dit het verder tot gevolg gehad dat nog nege motors en nog twee minibus-taxi’s in ‘n kettingbotsing betrokke was.

‘n Vrou in haar veertigerjare wat ‘n passasier in die Venture-minibus was, het bo-op die enjin te lande gekom nadat die enjinkap in die botsing afgeruk is. Sy is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die taxi was agter die stuurwiel vasgevang en het later aan sy beserings beswyk. Nog ‘n manspersoon is deur die geweld van die ongeluk uit die Venture geslinger. Sy lyk is tussen al die wrakstukke gevind. ‘n Vierde persoon is ook op die ongelukstoneel dood. ‘n Pasiënt wat kritieke beserings opgedoen het, is met die Netcare 911 helikopter na ‘n hospitaal gevlieg. Volgens Chitra Bodiseng, woordvoerder van ER24, is al die beseerdes deur die onderskeie nooddienste na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir behandeling.

Geen name van die oorledenes was teen druktyd bekendgemaak nie.

Related Articles

Back to top button