NewsNews

Nuwe stasie-kommissarisse vir Parys en Tumahole

Lt.kol. Malefetsane Kotsoane is vanaf Junie in die pos as stasiekommissaris van die Parys-polisiestasie aangestel.

Lt.kol. Malefetsane Kotsoane is vanaf Junie in die pos as stasiekommissaris van die Parys-polisiestasie aangestel. Hy volg in die spore van lt.kol. Rapitsi wat verplaas is na die Tumahole-polisiestasie as stasiekommissaris.

Lt.kol. Kotsoane kom van die Harrismith-polisiestasie, waar hy sedert 2 000 gestasioneer was. Hy was dan ook die bevelvoerder vir Sigbare Polisiëring daar voor sy verplasing na Parys. Lt.kol. Kotsoane het in Senekal grootgeword en in 1989 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangesluit. Sy eerste polisiestasie was in Reivilo in die Noord-Kaap vanwaar hy eers Senekal toe is, daarna Phuthaditjhaba en toe na Harrismith.

Hoewel misdaad hier nie so hoog is as in Harrismith nie, sê hy is ’n afname in huisbrake by besighede en residensiële wonings iets waarop hy hom wil toespits. Hy was ook skaars hier of hy het te voet deur die dorp geloop waar hy onwettige dobbelplekke en plekke waar onwettig met dwelms gehandel word, opgemerk het. Ook dit sê hy sal nie geduld word nie en moet daar opgetree word.

Lt.kol. Kotsoane sê dat hy graag met die gemeenskap wil saamwerk om seker te maak die dorp is ’n veilige plek vir almal wat hier woon. Sy vrou, Sibongile, sal eersdaags by hom aansluit. Die egpaar het drie kinders.

Related Articles

Back to top button