HealthLifestyleNewsNews

Varke uit Hoëveldpark verwyder

Die DBV het beslag gelê op ongeveer 17 varke en agt honde van mense wat na bewering plak op die grond wat vir die Hoëveldpark bestem is.

Die DBV het beslag gelê op ongeveer 17 varke en agt honde van mense wat na bewering plak op die grond wat vir die Hoëveldpark bestem is.

Die DBV het op 28 Mei omstreeks 15:00 die park besoek en twee varke gevind wat gevrek het. Een van die varke het in ’n draad vasgesit. Die DBV het later ’n lasbrief gekry en saam met die polisie teruggekeer om die oorblywende diere te verwyder. Volgens Andries Venter van die NDBV was die meeste van die varke ondergewig en het ‘n velsiekte gehad. Volgens hom het die honde wat verwyder is, ook almal velsiektes gehad.

Een van varke wat gevrek het in die hok.
Een van varke wat gevrek het in die hok.

Teen omstreeks 20:00 was hulle steeds besig om diere te laai toe ’n vermoedelik dronk vrou op die span afgestorm het. “Sy het drankbottels na ons gegooi en haar klere begin afskeur terwyl sy geskree het,” vertel Darren Kruger, voorsitter van die Potchefstroom DBV wat op die toneel was.

Die DBV het ’n klag van dieremishandeling gelê. Dit word deur die polisie ondersoek.

Related Articles

Back to top button