EntertainmentNewsNews

Refentse blom by KKNK

VEREENIGING. - Refentse Morake, graad 12-leerling aan Vereeniging Gimnasium, het tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn die geleentheid gehad om saam met een van Suid-Afrika se bekende sang-ikone, Karen Zoid, die verhoog te deel.

VEREENIGING. – Refentse Morake, graad 12-leerling aan Vereeniging Gimnasium, het tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn die geleentheid gehad om saam met een van Suid-Afrika se bekende sang-ikone, Karen Zoid, die verhoog te deel.

Refentse se droom is om eendag een van Suid-Afrika se grootste sangers van alle tye te word. Karen het hom raakgesien waar hy as straatmusikant op een van die hoeke musiek gemaak het en omdat sy self daardie pad gestap het, het sy R10 in sy blikkie gegooi. Dieselfde aand het Refentse die voorreg gehad om al die kunstenaars wat tydens die openingskonsert vir popsangers op die ABSA-verhoog opgetree het, te ontmoet. Karen het hom onthou van sy straatoptrede en hom genooi om die volgende aand saam met haar op te tree.

Refentse was baie in sy skik om die verhoog te deel met een van sy gunsteling kunstenaars. Hy en Karen het die gehoor vinnig aan hul voete gehad en hulle het gesmeek vir meer. Sy diep stem, energieke kitaarspel en breë glimlag het gesorg dat dié optrede gevolg is deur ‘n aanbod vir ’n CD-ooreenkoms, ’n musiekvideo en vele meer.

Refentse se bekendheid in die sangbedryf is hoofsaaklik te danke aan Cecilia Morchionna wat vroeër vanjaar verby sy huis gestap het en hom in die tuin gesien sing het. Sy het hom gevra of sy ’n video kan neem en het dit op Facebook geplaas. Dié Facebook-video is die eerste dag deur 30 000 gekyk en binne vier dae deur 120 000.

Refentse wil graag na skool regte studeer voor hy sy sangloopbaan voortsit. Sy eerste mylpaal is om graad 12 te slaag en daarin het hy die volle ondersteuning van sy ouers en onderwysers van Vereeniging Gimnasium.

Related Articles

Back to top button