NewsNews

DA wil Tlokwe in 2016 verkiesing oorneem

Die oorname van die Tlokwe munisipaliteit is een van die talle munisipaliteite in die oog van die DA met die 2016 verkiesing.”

Die oorname van die Tlokwe munisipaliteit is een van die talle munisipaliteite in die oog van die DA met die 2016 verkiesing.”

So het die nuwe leier van die DA, mnr. Mmusi Maimane, tydens die provinsiale kongres van die DA in Noordwes die afgelope naweek by die Hartbeespoortdam gesê.

Maimane het daarop gewys dat die ANC in 2009 60 persent van die stemme in Tlokwe verower het en die DA 21 persent.Vyf jaar later egter het die ANC teruggeval na 51 persent en die DA geklim na 32 persent. Hy het gesê sedertdien het die ANC niks gedoen om kiesers te oortuig om terug te keer na die ANC nie, terwyl die DA hul momentum behou het. “En Tlokwe is die sleutel tot Noordwes,” het hy gesê.

Dit is ook nie net Tlokwe waar die DA se groei gelê het nie. Hy het ook verwys na die groei in Rustenburg, en die munisipaliteite van Madibeng, Matlosana, Tswaing, Moses Kotane, Mafikeng en Moretele en dat die DA in Noordwes van 2009 tot 2014 byna 43 persent gegroei het.

Maimane het gesê die mense van Noordwes ly reeds te lank onder die juk van ’n chaotiese en korrupte regering en een wat nie omgee vir sy mense nie. Hy sê die ANC in Noordwes het sy inwoners in elke aspek van regering gefaal.
Oral in die provinsie is steeds mense sonder lopende water, met puttoilette en paaie in haglike toestande, maar die ergste is ’n werkloosheidsyfer van 43, 2 persent.

Meer as 250 afgevaardigdes het die kongres bygewoon waartydens onder andere ’n nuwe provinsiale leier verkies is.
Mnr. Joe McGluwa van Alabama in Klerksdorp is die nuwe leier in die plek van mnr. Chris Hattingh wat vir 16 jaar die leier was. Hattingh sal steeds in die provinsiale wetgewer dien.

Die nuwe onderleier is me. Petro Nel van Klerksdorp en me. Carin Visser van Sannieshof is die nuwe provinsiale voorsitter.

Related Articles

Back to top button