NewsNews

“Oudit” vir krageenhede vang verbruikers onkant

’n Skielike en uit die bloute “oudit” op die masjien waarmee voorafbetaalde elektrisiteit by Parys Service Station verkoop word, het die afgelope naweek tot groot woede en frustrasie onder inwoners van Parys gelei wat oor naweke en na-ure hier elektrisiteit koop.

Die masjien was Maandagmiddag 14:00 eers terug en kon krag weer by die vulstasie verkoop word. Maar vir Jan Publiek en die vulstasie-personeel was die oudit totaal onvoorsien en was daar mense wat Saterdagaand sonder elektrisiteit moes klaarkom.

Die vulstasie is die enigste punt waar elektrisiteit na-ure gekoop kan word en word veral ook baie deur mense gebruik wat net naweke in die dorp bly.

Krag kan by die munisipale kantore in Parys en Tumahole gekoop word gedurende kantoorure wat gewoonlik tot 15:45 is. By die verkooppunt in Kortstraat naby die huurmotorstaanplek kan krag oor naweke gekoop word maar nie na 17:00 op ’n Saterdag nie, en nie na 14:00 op ’n Sondag nie. Die Kortstraat verkooppunt is op Saterdae en Sondae oop vanaf 08:00 is gesê.

Teen Maandagoggend 12:00 was hier egter ook nie meer krageenhede oor om te koop nie en het mense tou gestaan vir krageenhede by die munisipale kantore. ’n “Oudit” op die masjien is nog nooit vroeër gedoen nie en Gazette het vergeefs probeer om antwoorde te kry of ander verkooppunte ook geoudit word veral in die lig van onwettige verkope van krageenhede.

Related Articles

Back to top button