HealthLifestyleNewsNews

Parysenaars sê NEE vir dwelms

In haar taak as landdros kry landdros Leshnee Pillay waarskynlik die meeste eerstehands daagliks te doen met die erns van dwelmverwante oortredings in ’n gemeenskap. Sonder die gemeenskap se steun kan hierdie probleem egter nie daadwerklik aangespreek word nie.

Só het landdros Pillay Maandagoggend in haar boodskap gesê met die afskop van die “Parys sê NEE vir dwelms”-veldtog by die Parys-rolbalklub waar 38 mense, insluitend landdros Pillay teen 12:00 die middag hulself reeds vrywillig laat toets het vir dwelms om die veldtog te ondersteun. Die veldtog is die inisiatief van die SAPD en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV), ondersteun deur die plaaslike media, Koepel Stereo en Parys Gazette, sowel as Pathcare wat ’n beperkte aantal siftings urien dwelmtoetse gratis beskikbaar gestel het vir die veldtog.

Landdros Leshnee Pillay wat Maandag die eerste was om die veldtog vir “Parys sê NEE vir dwelms” te ondersteun. Die veldtog is afgeskop by die Parys-rolbalklub en duur tot 12 Junie. Landdros Pillay het haar onvoorwaardelike steun vir die veldtog gegee en gesê dat sy die eerste sal wees om die vrywillige siftingstoets te laat doen. By haar is Sakkie van der Schyff van Koepel Stereo.

Hoewel die veldtog gister by die rolbalklub afgeskop is, sal dié toetse nog tot en met 12 Junie heeltemal gratis by Pathcare se kantore in Boomstraat gedoen word.

Die toetse is vrywillig en behels dat mense uit die gemeenskap die siftings dwelm-urientoets laat doen om die boodskap teen dwelmgebruik sigbaar uit te dra, deur veral as sakegemeenskap mense te motiveer om op te staan teen dwelmgebruik, en nie te huiwer om jouself te laat toets nie. Waar positiewe resultate verkry word, sal dokters wat deel is van die veldtog, self die persoon konsulteer, veral waar die gebruik van medikasie dalk die toets kon beïnvloed het. Daar word nie na skuldiges gesoek nie, maar eerder gepoog om die boodskap teen dwelmgebruik en die hartseer daaraan verbonde, in ’n gemeenskap uit te dra.

Pathcare kan besoek word Maandae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 17:00. Met Maandagoggend se afskop van die projek het verskeie sakelui, personeel van AB’s, DA raadslid Johann Roos, Pieter Kemp vir LGV en verteenwoordigers vir die boeregemeenskap om maar enkele te noem, alreeds vroeg aan die projek deelgeneem en ook ander kuierplekke en sakeondernemings uitgedaag om dieselfde te doen.

Die nodigheid vir die steun van die gemeenskap is die naweek weer duidelik gewys met 10 arrestasies wat gemaak is vir drie afsonderlike dossiere vir onder meer besit van dagga en die besit van Crystal Meth (Tik). Die tien onder wie ’n plaaslike sakeman, is in aanhouding en verskyn op 10 Junie vir ’n formele borgaansoek. Hulle het aansoek gedoen om regshulp.

Die staat staan borg teë. Die arrestasies is gemaak nadat ’n wenk van die publiek ontvang is.

Related Articles

Back to top button