NewsNews

Brand by Laerskool Risiville

VEREENIGING. – Dit was ’n hartseerdag vir personeel, leerlinge, oud-leerlinge en ouers toe Laerskool Risiville se klubhuis in die vroeë oggendure van 25 Mei afgebrand het. Volgens mnr. FJ Pieterse, skoolhoof, word die klubhuis aan die publiek teen ’n goeie prys uitverhuur vir onder meer funksies. “Dit is ’n reël dat daar nie vuur gemaak …

VEREENIGING. – Dit was ’n hartseerdag vir personeel, leerlinge, oud-leerlinge en ouers toe Laerskool Risiville se klubhuis in die vroeë oggendure van 25 Mei afgebrand het.
Volgens mnr. FJ Pieterse, skoolhoof, word die klubhuis aan die publiek teen ’n goeie prys uitverhuur vir onder meer funksies. “Dit is ’n reël dat daar nie vuur gemaak mag word nie, maar die mense wat die plek die spesifieke dag gehuur het, het ’n vuur gemaak wat veroorsaak het dat die grasdak van die lapa aan die brand geslaan het,” sê hy. Hulle het glo die brand geblus, maar toe hulle die perseel verlaat het, het die brand weer begin.
“Dit is moeilik om die skade in randwaarde om te sit omdat ons nog nie weet of die plek gesloop moet word en of daar dele is wat nog gered kan word nie,” sê mnr. Pieterse.
Dié klubhuis was een van Laerskool Ri-siville se groot aantrekkingskragte en talle mense het die gebruik van die klubhuis geniet. Meubels, ’n klankstelsel, foto’s van die afgelope 20 jaar asook naamplaatjies van die ouers wat destyds met die oprigting van die klubhuis en lapa gehelp het, is daarmee heen. Mnr. Pieterse sê daar is baie ouers wat graag wil help om die klubhuis weer op te bou. Hy bedank ook elkeen vir hul ondersteuning en bystand na die voorval.

Dit is hoe die klubhuis lyk na die brand geblus is.
Dit is hoe die klubhuis lyk na die brand geblus is.
'n Brand het Sondag gedurende die vroeë oggendure by Laerskool Risiville se klubhuis uitgebreek.
‘n Brand het Sondag gedurende die vroeë oggendure by Laerskool Risiville se klubhuis uitgebreek.

Related Articles

Back to top button