NewsNews

Gemeenskap neem sake in eie hande

Rust-ter-Vaal. – Wanner die munisipaliteit nie aandag gee aan die klagtes van inwoners oor die haglike toestand van paaie nie, dan laat dit die hulle met geen ander keuse as om self in te gryp nie. Dit is presies wat inwoners van Rust-ter-Vaal gedoen het. Die Vereeniging Gereformeerde kerk in Rust-ter-Vaal het 25 sakke sement …

Rust-ter-Vaal. – Wanner die munisipaliteit nie aandag gee aan die klagtes van inwoners oor die haglike toestand van paaie nie, dan laat dit die hulle met geen ander keuse as om self in te gryp nie.
Dit is presies wat inwoners van Rust-ter-Vaal gedoen het. Die Vereeniging Gereformeerde kerk in Rust-ter-Vaal het 25 sakke sement en ander materiaal geskenk om sodoende slaggate in die gebied reg te maak. Deon Scharneck, bedienaar by dié kerk gesê hulle het tydens hul Pinksterweek met die tema “op weg met mekaar en die Heilige Gees” bewus geword van inwoners se inisiatief en besluit om hulp te verleen. “Die tema handel oor ’n gestuurde gemeente, met ander woorde om behoefte en nood raak te sien en dit aan te spreek,” sê hy.
Inwoners het self ingespring en gehelp om die paaie van Rust-ter-Vaal reg te maak. Daar is egter nog heelwat paaie wat oortrek is met slaggate, maar stelselmatig sal elke gaatjie tog gevul word.

Inwoners van Rust-ter-Vaal hard aan die werk om slaggate reg te maak.
Inwoners van Rust-ter-Vaal hard aan die werk om slaggate reg te maak.

Related Articles

Back to top button