NewsNews

Bomdreigement by skool

Die Vereeniging SAPD het vanoggend omstreeks 09:15 ‘n klag ontvang van ‘n bomdreigement by Hoërskool Overvaal. Volgens polisiewoordvoerder, Kaptein Fikile Funda, het ondersoeke op die toneel onthul dat ‘n skoolkind ‘n handradio, wat deur die gemeenskap van Sonlandpark en Falconridge gebruik word, opgetel het. Funda sê die kind het gedink die handradio is stukkend en …

Die Vereeniging SAPD het vanoggend omstreeks 09:15 ‘n klag ontvang van ‘n bomdreigement by Hoërskool Overvaal. Volgens polisiewoordvoerder, Kaptein Fikile Funda, het ondersoeke op die toneel onthul dat ‘n skoolkind ‘n handradio, wat deur die gemeenskap van Sonlandpark en Falconridge gebruik word, opgetel het. Funda sê die kind het gedink die handradio is stukkend en het speels op die radio ‘n bomdreigement nagemaak. Een van die ouers het toe daardie inligting opgetel en dit onder inwoners versprei. ‘n Johannesburgse ouer het die polisie se 10111 kontaknommer geskakel en ‘n bomdreigement aangemeld. Funda sê hulle polisie eenheid is saam met die honde-eenheid ontplooi en hulle het die skool deursoek, maar niks gevind nie. Hy sê die skool, waar kinders tans eksamen skryf, is ontruim. Die polisie se honde-eenheid het egter intussen toestemming gegee dat kinders weer kan terugkeer na eksamenlokale.

Related Articles

Back to top button