EntertainmentLifestyleNewsNewsReligion

‘Karnaval’ tema by Deneysville-basaar

DENEYSVILLE. – Die NG Kerk Deneysville hou op Saterdag 30 Mei vanaf 08:00 basaar. Die tema vir vanjaar is Karnaval. Dié jaarlikse basaar is wyd bekend as gevolg van die tradisionele plattelandse atmosfeer wat daar gewoonlik heers. Dit beloof om weer eens aan al die verwagtinge te voldoen met al die gebruiklike vars eetgoed, vleistafel, …

DENEYSVILLE. – Die NG Kerk Deneysville hou op Saterdag 30 Mei vanaf 08:00 basaar. Die tema vir vanjaar is Karnaval.
Dié jaarlikse basaar is wyd bekend as gevolg van die tradisionele plattelandse atmosfeer wat daar gewoonlik heers.
Dit beloof om weer eens aan al die verwagtinge te voldoen met al die gebruiklike vars eetgoed, vleistafel, handewerk, boere-orkes, kunsbrou, speletjies en ’n reuse veiling.
Al die stalletjies gaan op so ’n manier versier en ingerig word dat die hele dag ’n karnaval-atmosfeer gaan hê. Die veiling wat gewoonlik interessante artikels en baie winskope oplewer, begin om 12:00.
Dit is die grootste georganiseerde veiling van algemene artikels in die omgewing, en bied ’n unieke geleentheid vir die algemene publiek om aan ’n veiling te kan deelneem.
Lede van die publiek kan ook items laat opveil teen ’n kommissie van 20% van die verkoopprys.
Voornemende verkopers kan ook ’n reserweprys vasstel, en moet hulle artikels teen 10:00 op die oggend van die veiling by die terrein beskikbaar hê en daar registreer.
Vir meer besonderhede oor die basaar en die veiling kan Ria Rautenbach by (016) 371 1405 of Carlie Schiel by (016) 371 1409 gekontak word.

Related Articles

Back to top button