HealthLifestyleNewsNews

Groentetonnel sal ook hulle in nood help

’n Groentetonnel is verlede week op Hoërskool Parys se skoolterrein deur ’n span skoolkinders, terreinwerkers, mnr Koos Smit van Hug-a-tree Landscapes en personeel van Nedbank opgerig, wat dan ook die tonnel geborg het.

’n Groentetonnel is verlede week op Hoërskool Parys se skoolterrein deur ’n span skoolkinders, terreinwerkers, mnr Koos Smit van Hug-a-tree Landscapes en personeel van Nedbank opgerig, wat dan ook die tonnel geborg het.

Die groente is in plastiekhouers gesaai, en dit word daagliks besproei met ’n verrykte mengsel wat bestaan uit kalsiumnitraat en kunsmis (K9020). Daar is nou reeds beet en spinasie gesaai.

Volgens mev. Sanci Cilliers, onderwyseres van Hoërskool Parys en projekbestuurder van die Ekoskole-projek, sal die groente wat verbou word help om onder andere voedsel aan behoeftiges in die gemeenskap te verskaf. ’n Groep leerders van die skool sal help om die groente te versorg. Die Ekoskole-projek is deel van ’n landwye en internasionale beweging om omgewingsbewustheid by leerders te skep.

Benewens die groentetonnel neem die hoërskool ook deel aan die hersirkulering van papier, blikkies en plastiek. Mev. Cilliers doen ’n beroep op vrywilligers uit die gemeenskap om te help met die groenteverbouing. Enigiemand met ’n liefde vir tuinbou en selfs kennis van groenteverbouing kan haar kontak by die skool by 056 811 3472.

Die skool bedank Nedbank vir hul ruim bydrae om die projek van stapel te stuur.

Related Articles

Back to top button