Editor's choiceNewsNews

Vyf in November voor hof vir moord op sakeman

Die verhoor van die vyf verdagtes in die Craig Marx-moordsaak sal van 2-6 November hier in die rondgaande hooggeregshof in Parys aangehoor word.

Die verhoor van die vyf verdagtes in die Craig Marx-moordsaak sal van 2-6 November hier in die rondgaande hooggeregshof in Parys aangehoor word.

Die vyf beskuldigdes, insluitend ’n pa en sy twee seuns, staan almal tereg op ’n klag van moord, na die dood van sakeman Craig Marx in Desember verlede jaar. Marx se liggaam is bykans twee weke nadat hy as vermis aangemeld is, in ’n stormwaterpyp in die Kopjeskraal-omgewing gekry. Die nadoodse ondersoek het die oorsaak van sy dood as versmoring aangedui.

Drie van die verdagtes is steeds in aanhouding nadat borgtog geweier is, terwyl die twee minderjariges onder die toesig van hul ouers geplaas is.

Related Articles

Back to top button