NewsNews

Stappers in Koepel kan nou maar weer rustig stap

Sewe honde, insluitend ’n teef en haar werpsel van sowat drie weke oud, is deur die DBV van Potchefstroom na ‘n veilige plek geneem.

’n DBV veld-inspekteur by die honde.
’n DBV veld-inspekteur by die honde.

Sewe honde, insluitend ’n teef en haar werpsel van sowat drie weke oud, is deur die DBV van Potchefstroom na ‘n veilige plek geneem.

Dit volg na verskeie klagtes ontvang is oor rondloperhonde in die Vredefort Koepel wat dreig om stappers wat in die gebied stap, te byt. Die DBV het op 8 Mei van die honde uit die gebied verwyder. Die eienaar van die honde plak na bewering op staats grond in die Koepel. Dié 66-jarige man het 10 honde en 12 katte wat hy in ‘n kamp aanhou.

Volgens Tommie Viljoen van die Potchefstroom DBV, word die honde nie verwaarloos nie, maar die plek waar hulle aangehou word, is nie skoon nie.
Die DBV het aan die man die situasie verduidelik rondom die gevaar wat die honde inhou wanneer hulle gelos word om vrylik rond te loop. Volgens Viljoen het hulle al verskeie klagtes van stappers gekry wat deur die honde aangeval word. Die man is van mening dat die regering die grond vir hom gegee het en dat mense wat daar stap eintlik oortreders is “wat goud kom steel”.

“Hoekom wil julle sulke soort mense beskerm?” het die man gevra. Viljoen het aan hom verduidelik dat die DBV nie mense beskerm nie, maar wel die diere. As een van die stappers hulself teen sy honde moet verdedig omdat die honde hulle wil byt, word dit as dieremishandeling beskou en moet die DBV teen die eienaar optree.

“Die honde moet weggeneem word vir hulle eie veiligheid,” het Viljoen aan die man verduidelik. Die man het ingestem om van die honde aan die DBV oor te teken, maar omdat die DBV nie ’n lasbrief gehad het nie, kon hulle nie op al die diere beslag lê nie. Die Buffelshoek-polisie was saam op die toneel ter ondersteuning omdat die man sy seun ’n paar dae gelede met ’n byl gedreig het nadat hy die honde verjaag het wat op hom afgestorm het.

’n Saak van intimidasie word teen die man ondersoek.

Related Articles

Back to top button