20 jaar geledeBlogsNewsOpinions

Gesinsmoord skok egpaar se kinders

Die Carletonville Herald het in sy uitgawe van 20 jaar gelede weer oor ‘n verskeidenheid nuusgebeure berig. Terwyl ‘n seun sy ma se laaste woorde oor die telefoon aangehoor het, het hy gehoor hoe ‘n skoot in die agtergrond klap. Mev. Hester Johanna Sophia Stadler (60) en haar man, mnr. Jan Dirk Stadler (64), van …

Die Carletonville Herald het in sy uitgawe van 20 jaar gelede weer oor ‘n verskeidenheid nuusgebeure berig.

Terwyl ‘n seun sy ma se laaste woorde oor die telefoon aangehoor het, het hy gehoor hoe ‘n skoot in die agtergrond klap. Mev. Hester Johanna Sophia Stadler (60) en haar man, mnr. Jan Dirk Stadler (64), van Siebertstraat 1, Fochville, is die vorige Saterdagaand omstreeks 20:45, kort na die oproep, dood in hul huis aangetref. Volgens die polisie het mev. Stadler glo haar een seun geskakel om te sê dat hul man hul albei gaan skiet. Minute nadat die seun die polisie in die dorp geskakel het, het die polisie mev. Stadler op ‘n stoel aangetref met ‘n skietwond in haar bors en linkerwang. Die telefoon se prop was uitgetrek en het op die vloer voor haar gestaan. Sy was reeds dood.

‘n Plaag van kommandowurms, wat alles in hul pad opvreet, het feitlik oornag hul verskyning op ‘n plaas noord van Oberholzer gemaak. Derduisende van die swart gestreepte wurms het veral bewoners van kleinhoewes noord van die Rooipoort-pad geteister.

With spiralling costs crippling many families budgets, a new tax structure brought a bit of welcome relief to the middle class married couples and single people. In addition, married women would benefit from the introduction of a single tax structure for all taxpayers, and will not be penalised as in the past.

The manager of the Gateway Tavern was brutally stabbed to death in the early hours of the previous Monday morning when armed robbers stormed the nightclub. On Monday morning, 20 March 1995 at about 01:30, Mr Boas Tiwe was still in his tavern at the Gateway Mall Shopping Centre catering to a number of patrons. A group of men rushed in and a shot was fired, ripping through the television set. Everybody was ordered to lie on the floor. The men grabbed Mr Tiwe, and stabbing at him viciously, demanded that he open the safe. The robbers fled the scene with about R20 000, leaving Mr Tiwe fatally wounded.

Tydens ‘n wilde jaagtog, terwyl koeëls om hul koppe gefluit het, het vier jongmense op ‘n Saterdagaand omstreeks 20:45 op die Losbergpad in die rigting van Carletonville gery toe ‘n voertuig hulle teen ‘n hoë snelheid van agter genader het. Nadat die bestuurder van die verdagte voertuig vir hulle sy ligte geflikker het, het die voertuig na bewering skielik langs hulle inbeweeg. Een van die jongmense het glo gesien hoe die drie insittendes vuurwapens op hull rig. Terwyl daar glo voortdurend op hulle geskiet is, het die jongmense in die volgende vyf angsvolle minute gepoog om weg te jaag.

‘n Plaaslike hengelaar, Johan Els van die Dorado Skibootklub, het met ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord gespog na hy die swaarste blou marlyn nóg langs die land se kuswaters uitgetrek het. Hy het dié vis van 276,2 kilogram op 18 Maart in Sodwana gevang.

Related Articles

Back to top button