HealthLifestyleNewsNews

Lesers dra mildelik by – nog hulp nodig

VANDERBIJLPARK. – Verskeie Vaalweekblad lesers het na vore gekom en hulp aangebied vir die ma en kind wat in haglike omstandighede in ‘n huis op die dorp woon. ‘n Skoonsuster van Adelia da Silva het egter na vore gekom en met Vaalweekblad gesels oor die feite agter die dilemma waarin Adelia en haar gestremde dogter …

VANDERBIJLPARK. – Verskeie Vaalweekblad lesers het na vore gekom en hulp aangebied vir die ma en kind wat in haglike omstandighede in ‘n huis op die dorp woon.
‘n Skoonsuster van Adelia da Silva het egter na vore gekom en met Vaalweekblad gesels oor die feite agter die dilemma waarin Adelia en haar gestremde dogter Marlene (29) hulle bevind. Volgens die gewese skoonsuster is Adelia se erfporsie nie op ‘n slinkse manier deur een van die familielede bekom nie.
Haar pa se boedel was nog nie afgehandel ten tyde van die moeder se dood nie en die twee kinders, Adelia en haar broer moes die dokumente teken. Dit was egter nie moontlik vir Adelia om by die prokureurs uit te kom nie.
Die erfporsie was die huis waarin Adelia nou bly, ‘n klein polis en een wat later die jaar uitbetaal. Adelia het haar deel van die klein polis gekry en die huis is so dat sy volle verblyfreg het maar besit net die helfte. ‘n Familielid het ook al die kostes van die boedels self gedra. Geeneen kan egter die gelde van die polis wat eersdaags uitbetaal van Adelia ontneem nie.
Adelia se broer gee nog steeds maandeliks vir haar geld.Volgens die gewese skoonsuster is daar defnitief ‘n behoefte vir Adelia en Marlene veral weggooidoeke vir Marlene.
“Hel is nog mooi gestel en geen mens verdien om so te lewe nie. Toe ons die eerste keer by die huis kom het trane letterlik teen ons wange afgerol,” het Caroline van Staden gesê nadat sy en vrywilligers Adelia se huis besoek het. “Die is nie een van Vaaldriehoek se “help my” foefies nie,” sê Caroline met haar terugvoer aan Vaalweekblad. Hulle het hulle na FaceBook gewend en skenkings gekry van ‘n bed, ‘n stel lankens asook badseep. “Ons het self ingespring en die bosagtige tuin getakel”. ‘n Swartman Micheal het hulle vrywillig met die tuin gehelp.
Caroline het duisend dankies gesê aan Schalk du Preez, Sari Botha en Kari van Niekerk wat gehelp het en het bygevoeg dat daar is nog dringend hulp nodig in die huis asook buite. Volgens die gewese skoonsuster kan die plaaslike welsyn gekontak word om sulke skenkings aan Adelia oor te dra.

So het die tuin gelyk na Vaalweekblad se besoek vroeër vanjaar. Vaalweekblad lesers is besig om die huis weer leefbaar te maak vir Adelia da Silva en haar gestremde dogter Marklene.

Related Articles

Back to top button