NewsNews

Hoërskool Wonderfontein brei sy tegniese afdeling uit

Hoërskool Wonderfontein is besig om hul skool se tegniese afdeling uit te brei. “Volgens statistiek van die organisasie Future World, is die vaardigheidstekort een van die grootste bekommernisse wat top ekonomiese- en bestuurslui saans wakker hou. Aangesien daar volgens statistiek ‘n tekort van 45% aan tegniese personeel in Suid-Afrika is, het die department van onderwys …

Hoërskool Wonderfontein is besig om hul skool se tegniese afdeling uit te brei.

“Volgens statistiek van die organisasie Future World, is die vaardigheidstekort een van die grootste bekommernisse wat top ekonomiese- en bestuurslui saans wakker hou. Aangesien daar volgens statistiek ‘n tekort van 45% aan tegniese personeel in Suid-Afrika is, het die department van onderwys die besluit geneem om tegniese skole weer eens te versterk,” het ‘n woordvoerder van die skool, mnr. Danie Beeslaar, aan die Herald vertel.
Volgens die regering se lys van skaars vaardighede, benodig Suid-Afrika onder meer 10 700 ingenieurs, 3 600 ingenieurs-projekbestuurders, 8 800 geskoolde tegnici en tekenaars, 45 000 ambagslui en 27 000 konstruksie- en mynwerkers.

Gelukkig is Wonnies reeds toegerus met al die nodige sentrums om die vakke aan te bied. Beroepe soos onder meer meganiese ingenieurswese, elektriese ingenieurswese, siviele ingenieurswese, elektriesiënswerk, passer en draaier en bou-konstruksie word nou weer eens deel van leerlinge van Wonderfontein se beroepsmoontlikhede. Hoërskool Wonderfontein bied dus nou hiermee vir elke Wonnie ‘n breër beroepskeuse en ‘n breër vakkeuse, met vakke soos onder meer Tegniese Wiskunde, Tegniese Wetenskap, Ingenieursgrafika en Ontwerp, Pas en draai, Motorwerktuigkunde, Siviele konstruksie, Kragsisteme, Houtverwerking en Sweis en Metaal, wat weer by die skool aangebied gaan word.

Related Articles

Back to top button