HealthLifestyleNewsNews

Gee uit die hart vir Tekkie Tax

NG Welsyn Vanderbijlpark herinner graag die gemeenskap aan Nasionale Tekkie Tax dag wat op 29 Mei plaasvind en dat die items soos veters, plakkers en hempies ook op bestelling beskikbaar is. “Elkeen se besondere insette word raakgesien en waardeer,” sê Leonie Lessing, administratiewe beampte by NG Welsyn, Vanderbijlpark. Maak ʼn verskil met jou donasie ten …

NG Welsyn Vanderbijlpark herinner graag die gemeenskap aan Nasionale Tekkie Tax dag wat op 29 Mei plaasvind en dat die items soos veters, plakkers en hempies ook op bestelling beskikbaar is.
“Elkeen se besondere insette word raakgesien en waardeer,” sê Leonie Lessing, administratiewe beampte by NG Welsyn, Vanderbijlpark.
Maak ʼn verskil met jou donasie ten bate van die projek. Daar is vyf verskillende sektore om van te kies: diere, basiese familie welsyn, kinders, gestremdheid en onderwys. Skoenveters, gholf T-hemde en T-hemde gaan beskikbaar wees. Elke donasie gaan help.
NG Welsyn Vanderbijlpark bedank ook alle donateurs uit die gemeenskap wat op verskeie wyses bydraes tot hul kantoor se werk lewer.
“Opregte dank aan elkeen wat die Winterhoop-projek ondersteun met komberse en warm klere,” sê Leonie.
BelangstellendUntitled[3]es uit die gemeenskap wat graag meer inligting wil bekom rakende ‘n verdere behoefte by NG Welsyn Vanderbijlpark, word genooi om die kantoor te skakel by (016) 981 1044/5. NG Welsyn se kantoor is op die hoek van JJ Smith en FW Reitzstrate in Vanderbijlpark.

Related Articles

Back to top button