NewsNewsSportSport

Eligwa meisies dans verskeie toekennings los

VANDERBIJLPARK. – Drie meisies van laerskool Eligwa het in April by Rustensburg aan die “South African Championships of Performing Arts” gaan deelneem en met verskeie toekennings weggestap. Alicia Harmse het goud in die Production Schumacher afdeling verower. Sy het ook onderskeidelik een goud en een silwer in die Production Mix en Production Cha Cha Slide …

VANDERBIJLPARK. – Drie meisies van laerskool Eligwa het in April by Rustensburg aan die “South African Championships of Performing Arts” gaan deelneem en met verskeie toekennings weggestap.
Alicia Harmse het goud in die Production Schumacher afdeling verower. Sy het ook onderskeidelik een goud en een silwer in die Production Mix en Production Cha Cha Slide verower.
Marli Oberholzer het goud verower in die Production Schumacher, Production Mix en Duet Lyrical 8-10 years. Verder het sy ‘n silwer ontvang in die Production Cha Cha Slide en brons in die Duet Open 11-12 years.
Taylon van Breda het silwer in die Production Cha Cha Slide, Open Freestyle, Hip Hop en Musical Character ontvang.
Al drie meisies is ook gekies vir die Team SA 2015 wat in Julie in Los Angeles gaan deelneem.

Die drie flinke dansertjies is van links is Alicia Harmse, Marli Oberholzer en voor sit Taylon van Breda.
Die drie flinke dansertjies is van links is Alicia Harmse, Marli Oberholzer en voor sit Taylon van Breda.

Related Articles

Back to top button