HealthLifestyleNewsNews

AfriForum takel omgewingsprobleme in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK. – ‘n Tyd gelede het ‘n span van AfriForum Vanderbijlpark se Omgewingsake-subkomitee watermonsters geneem in Vanderbijlpark, onder andere by rioolaanlegte, spruite, skole, ouetehuise, hospitale, kuierplekke en huise. Die water word deeglik getoets en die voorlopige uitslae en monsters is na ‘n laboratorium in Pretoria gestuur vir verdere toetse. AfriForum sal later ‘n nasionale waterkwaliteitsverslag beskikbaar …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Tyd gelede het ‘n span van AfriForum Vanderbijlpark se Omgewingsake-subkomitee watermonsters geneem in Vanderbijlpark, onder andere by rioolaanlegte, spruite, skole, ouetehuise, hospitale, kuierplekke en huise.
Die water word deeglik getoets en die voorlopige uitslae en monsters is na ‘n laboratorium in Pretoria gestuur vir verdere toetse. AfriForum sal later ‘n nasionale waterkwaliteitsverslag beskikbaar stel.
AfriForum Vanderbijlpark se omgewingsakespan pak ook hierdie jaar ander projekte aan. Mei is dorpskoonmaakmaande, vrywilligers gaan die oop velde in Vanderbijlpark skoonmaak op die volgende datums: 9 Mei – sakekern, 16 Mei – SW5, 23 Mei – SE3 en SE4, 30 Mei Flora Gardens en dit word afgesluit op 13 Junie met SE2 en Phoenixpark.
Die laaste skoonmaak-aksie gaan gepaard met ‘n inligtingsessie waar mense kan kom luister waaroor AfriForum gaan asook ‘n petisie kan onderteken om te help om Phoenixpark te rehabiliteer. Die Phoenixpark-rehabilitasieprojek skop af op 6 Junie by J&B Lapa met ‘n konsert deur Judith Kea (18:00-22:00) en ‘n veiling om geld in te samel vir die projek. Braaipakkies sal op die dag beskikbaar wees.
Daar word op 1 Junie ‘n twaalfmaande-lange kompetisie geloods waar klein besighede pryse kan wen deur papier te herwin. DJ Afvalpapier en System Development and Training is die borge vir herdie projek. Vir meer inligting, om betrokke te raak of om aan die kompetisie deel te neem, kontak Stefan Marais kontak op 083 302 8060 of stuur e-pos aan stefan@sdandt.co.za

Afriforum span wat omgewingsake in Vanderbijlpark wil regruk.
Afriforum span wat omgewingsake in Vanderbijlpark wil regruk.

Related Articles

Back to top button