20 jaar geledeNews

Polio-gevaar kry aandag, skryf Herald in 1995

Die hoofberig in die Herald van 9 Mei 1995 gaan oor die groot veldtog wat geloods is om landwyd alle kinders onder vyf jaar, polioslukstof te gee. Dit het gevolg nadat verskeie gevalle van dié hoogsaansteeklike en aanmeldbare siekte in Suid-Afrika aangemeld is. Die veldtog is oor drie dae gedoen en al het kinders voor …

Die hoofberig in die Herald van 9 Mei 1995 gaan oor die groot veldtog wat geloods is om landwyd alle kinders onder vyf jaar, polioslukstof te gee.

Dit het gevolg nadat verskeie gevalle van dié hoogsaansteeklike en aanmeldbare siekte in Suid-Afrika aangemeld is.
Die veldtog is oor drie dae gedoen en al het kinders voor dit wel die slukstof geneem, moes hulle dit weer doen. Polio is akkute rugmurgontsteking wat die skielike verlamming van hoofsaaklik die bene en of arms tot gevolg het. Dit staan ook as kinderverlamming bekend.

Die hoofberig in die vorige uitgawe, dié van 5 Mei 1995, gaan oor die tragiese dood van ’n leerling van een van die hoërskole wat sy eie lewe geneem het. Maar soos wat dit maar in die lewe gaan is daar goeie en slegte nuus op die voorblad.

Die vrolike nuus was ’n foto van die 1995-sjampanjenooientjie van die Pukke, Annabelle Cronjé, wat ’n glasie geklink het op die Intervarsity tussen die Pukke en Kovsies wat dié betrokke naweek plaasgevind het. Indien iemand weet waar Annabelle haar deesdae bevind kan hul gerus die Herald laat weet.

In nog ’n berig op die voorblad dreig ’n eiendomsagent om ’n interdik teen ’n vorige werknemer te bekom omdat dié werknemer hul diens verlaat en by ’n ander agent begin werk het. Ingevolge ’n ooreenkoms mag dié werknemer nie binne twee jaar en binne ’n omtrek van 30km nadat hy by sy vorige werkgewer weg is, ’n soortgelyke werk doen nie.

Die werknemer het egter aangevoer dat ingevolge die handves van menseregte kan niemand hom die reg ontneem om beter af te wees nie, dat hy die broodwinner is en geen ander heenkome het as om steeds as agent te werk nie. ’n Baie bekende in Potchefstroom, Boet Schoeman, wat sedert die begin van Aardklop die bekende Mampoerstalletjie het, is toe vir die tweede agtereenvolgende jaar as Nasionale Mampoerkoning aangewys. Boet en sy vrou Martie het altesaam twaalf goue-, agt silwer- en sewe bronsmedaljes met verskillende soorte mampoer en likeurs gewen.

Ook in die uitgawe verskyn ’n berig oor mnr. Philip Miller en sy vrou Lily wat Potchefstroom toe verlaat het om in Johannesburg te gaan woon.  Mnr. Miller het die bekende ouditeursfirma Philip Miller and Co. in 1950 begin. Dit bestaan steeds en is die oudste ouditeursfirma in Potchefstroom. Mnr. Miller is in 1912 in Potchefstroom gebore. Maar terug na die Intervarsity. Dit lyk of die Pukke se wedstryde teen die Kovsies maar altyd ’n groot skeidsregter-faktor het.

In 1995 het die Puk in die doodsnikke (met die telling gelykop) verloor toe ’n Kovsie-senter op die Puk se kwartlyn deurgesny het terwyl die kruisverdediging verhinder was om op hom toe te sak omdat die skeidsregter tussen hom en die verdedigers was.  Die drie is egter toegeken en die Puk het verloor. In vanjaar se wedstryd teen die Kovsies was daar volgens die Puk vier beslissings wat hulle duur te staan gekom het. Maar Intervarsity gaan nie net oor rugby nie. Daar is sports ook en daardie jaar het ’n Kovsie sy been gebreek toe hy hoog teen ’n rugbypaal uitgeklim en toe gegly het.

’n Valskermspringer het ook ’n bekkenbeen gebreek toe hy nie sy draai in die stadion so lekker gekry het nie!

Related Articles

Back to top button