HealthLifestyleNewsNews

Meer kospakkies – minder staatsubsidie

Die onsekerheid oor die uitbetaling van staatsubsidies maak die rande in welsynsorganisasies se beursies al minder, terwyl die nood by die dag al groter word. Die afgelope jaar alleen moes kospakkies deur Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) aan 104 gesinne voorsien word. Die koste vir een kospakkie beloop ongeveer R454 per pakkie, wat die volgende …

Die onsekerheid oor die uitbetaling van staatsubsidies maak die rande in welsynsorganisasies se beursies al minder, terwyl die nood by die dag al groter word.

Die afgelope jaar alleen moes kospakkies deur Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) aan 104 gesinne voorsien word. Die koste vir een kospakkie beloop ongeveer R454 per pakkie, wat die volgende insluit:
250g koffie
2 kg rys
100 teesakkies
2 blikkies rooiboontjies in tamatiesous
2,5 kg suiker
2 blikkies roommielies
2,5 kg mieliemeel
2 blikkies vis
2,5 kg koekmeel
2 blikkies Bully Beef
2 l kookolie
400g soja
1 kg margarien
2 koekies gesigseep
1 blikkie konfyt
1 buisie tandepaste
1 kg sout
1 bottel sjampoe
1 blikkie peper
6 rolle toiletpapier
1 kg waspoeier.

Die VVA self is verantwoordelik vir ongeveer 50% van sy jaarlikse inkomste. Dit word hoofsaaklik verkry deur fondsinsamelingsprojekte, waaronder die verkoop van Tekkie Tax- plakkers, ’n gholfdag, pannekoekverkope en die verkoop van tweedehandse klere in die Sakpas klerewinkel op die VVA-terrein te Buitenstraat 18. Skenkings van die publiek vir nie-bederfbare voedsel vir die kospakkies, die sopkombuis, klere en komberse sal verwelkom word.

VVA is intens bekommerd oor die afname in sy ledetal. Dit bring mee dat ’n kleinerwordende groep vrywilligers in samewerking met die maatskaplike werkers in die behoefte van die steeds toenemende getal persone wat by die VVA om hulp aanklop, moet probeer voorsien, en ook die ander werksaamhede, insluitende fondsinsamelings, moet hanteer. Om die voortbestaan van die plaaslike VVA-tak in Parys te verseker, word daar dringend gesoek na lede, veral jonger dames en mans om hierdie diens, wat sedert 1942 aan die plaaslike gemeenskap gelewer word, te kan voortsit.

Related Articles

Back to top button