NewsNews

Dorp se stadsaal in brand verwoes

Die Heilbronse stadsaal is Sondag in die vroeë oggendure in ’n brand verwoes Vroeër dieselfde aand is ’n BMW ook voor ’n hotel in die dorp aan die brand gesteek. Volgens knst. Masilela Langa, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het die verdagtes nadat die motor aan die brand gesteek is, ’n geskenkwinkel se venster gebreek en …

Die Heilbronse stadsaal is Sondag in die vroeë oggendure in ’n brand verwoes Vroeër dieselfde aand is ’n BMW ook voor ’n hotel in die dorp aan die brand gesteek.

Volgens knst. Masilela Langa, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het die verdagtes nadat die motor aan die brand gesteek is, ’n geskenkwinkel se venster gebreek en vermoedelik ook probeer om dié winkel aan die brand te steek. Hulle kon nie daarin slaag nie

Kort daarna, omstreeks 01:30 was die stadsaal aan die brand. Langa sê dit is nie seker wat die motief vir die brandstigting is nie. Hoewel niemand beseeer is nie, is die saal en al sy inhoud vernietig. Die hekke en deure van die saal is wawyd oop gekry. Die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting.

Related Articles

Back to top button