EntertainmentNewsNews

Shanice Jordaan, ’n oudleerling van Hoërskool Parys, en drie ander B.Ed grondslagfase studente, Lydia Venter, Kazeny O’Neill en Kirsten Theron, tesame met prof. Elsa Fourie en dr. Ria Booysen van die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus, is deur die Korein-groep genooi om hulle in Eindhoven, Nederland, te kom besoek vanaf 7-28 Mei vanjaar. Die Korein-groep fokus op …

Shanice Jordaan, ’n oudleerling van Hoërskool Parys, en drie ander B.Ed grondslagfase studente, Lydia Venter, Kazeny O’Neill en Kirsten Theron, tesame met prof. Elsa Fourie en dr. Ria Booysen van die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus, is deur die Korein-groep genooi om hulle in Eindhoven, Nederland, te kom besoek vanaf 7-28 Mei vanjaar.

Die Korein-groep fokus op kinderontwikkeling en gaan die studente die geleentheid bied om in pre-primêre sentums te proef, asook om die tersiêre instansies soos Summa College en Fontys University te besoek.

Enige borge of donasies om die besoek te help moontlik maak, sal waardeer word. Vir meer inligting skakel dr. Ria Booysen, programbestuurder B.Ed Grondslagfase/ Senior Dosent Grondslagfase, Noordwes- Universiteit, Vaaldriehoekkampus by (016) 910 3069 of 084 474 3030, of stuur ‘n e-pos na Ria.Booysen@nwu.ac.za

Related Articles

Back to top button