EntertainmentNewsNews

Star Nissan neem die Vaal oor!

VANDERBIJLPARK. – Star Nissan Vereeniging, een van die grootste Nissanhandelaars in Suid-Afrika, het die afgelope jare reeds ‘n skitterende reputasie dwarsoor die Vaaldriehoek opgebou. Dit is ook nie om dowe neute dat hulle al drie keer in die afgelope vier jaar as Nissan Finance Handelaar van die Jaar aangewys is nie. Nou is dié voetspoor …

VANDERBIJLPARK. – Star Nissan Vereeniging, een van die grootste Nissanhandelaars in Suid-Afrika, het die afgelope jare reeds ‘n skitterende reputasie dwarsoor die Vaaldriehoek opgebou.

Star Nissan logo
Star Nissan logo

Dit is ook nie om dowe neute dat hulle al drie keer in die afgelope vier jaar as Nissan Finance Handelaar van die Jaar aangewys is nie.

Nou is dié voetspoor in die Vaaldriehoek nog verder uitgebrei met ‘n splinternuwe satelliettak nadat Star Nissan Vereeniging onlangs ook die Nissan-agentskap in Vanderbijlpark bekom het.

Dié satelliettak in Rossini-boulevard 133, oorkant Vaal Mall, het op 1 Mei sy deure geopen met Gerhard Muller as verkoopbestuurder.

“Ek het van jongsaf met die Nissan-handelsmerk grootgeword. My pa het geen ander voertuie gery nie. Dis in ‘n mens se bloed,” sê Gerhard, wat reeds 20 jaar aan Nissan verbonde is.

Gerhard, Star Nissan,
Gerhard, Star Nissan,

Hy ken alle aspekte van dié fabrikaat en beskou dit as ‘n groot eer dat hy die leisels kon opneem as bestuurder van die pasgeopende satelliettak.
Volgens mnr. Edwin Strauss, handelaarshoof van Star Nissan Vereeniging, is die Nissan-handelsmerk besonder sterk in die Vaaldriehoek.

“Dit was ons ideaal om nog verder in die gebied te investeer,” sê hy. Star Nissan Vereeniging besit nou die agentskap vir die hele Vaaldriehoek.
Star Nissan in Vanderbijlpark verkoop nuwe sowel as gebruikte voertuie en danksy ‘n Tracker Fitment Centre net langsaan die onderneming, sal dié diens ook hier aangebied word.

Hoewel die satelliettak in Vanderbijlpark nie ‘n werkswinkel of onderdele-afdeling het nie, is ‘n diensadviseur voltyds beskikbaar. Vir Vanderbijlparkse kliënte se gerief kan hulle wel hul voertuie vir ‘n diens hierheen bring.

Dit word dan deur Star Nissan se personeel na die werkswinkel in Vereeniging geneem en na voltooiing van die diens weer in Vanderbijlpark terugbesorg.

Edwin en Gerhard nooi alle Nissan-eienaars sowel as voertuigliefhebbers wat graag van nader met dié fabrikaat wil kennis maak, om by die nuwe satelliettak te kom inloer, of skakel hulle by (016) 933 4201 of www.starnissan.co.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button