Local news

Afriforum en Mooi Parys verfraai dorp in boomplantmaand

Daar word tans Afrikanerblomsaailinge gekweek om ook langs daardie pad te plant.

Met die begin van lente in September, het die AfriForum-tak in Parys en die nie-winsgewende organisasie Mooi Parys hande gevat en begin om die dorp te verfraai deur bome te plant en gereed te maak om ook blomme by die ingange te plant.

Die twee organisasies het begin om 35 witstinkhoutbome in die begraafplaas te plant. Hulle sal ook toesien dat die boompies genoeg water kry. Die begraafplaas is met gif bespuit om die onkruid onder beheer te hou.

By die dorp se ingang vanaf Vredefort is daar ’n ry van-balen-se-aalwyne geplant om dit vir die motoriste wat daar inkom mooi te laat lyk. Daar word tans Afrikanerblomsaailinge gekweek om ook langs daardie pad te plant. Intussen is die beddings gereed gemaak om die blomme te plant sodra die saailinge sterk genoeg is.

“Dit is wonderlik dat hierdie twee organisasies so goed saamwerk om Parys te verfraai. Die belangrikheid daarvan om bome vir die nageslag aan te plant, kan nooit oorskat word nie. Ten spyte van al die probleme in Parys, bly dit ’n mooi plek en as elke inwoner sy deel doen om die dorp skoon en netjies te hou, sal dit ’n pragdorp wees,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Volgens Schalk Burger, voorsitter van die AfriForum-tak in Parys, werk die gemeenskap goed saam om die dorp in ’n beter toestand te kry. “Parys lê die mense na aan die hart en hulle wil dit skoon en netjies maak,” sluit Burger af.

Indien jy by hierdie AfriForum-tak wil betrokke raak, kontak Burger by 082 653 4281.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button