Local news

30 Slaggate op Viljoenskroon herstel

Afriforum tesame met die gemeenskap het ongespring en die slaggate herstel.

Na 45 sakkies teer en baie inspanning van Afriforum, is 30 slaggate in Viljoenskoon nou herstel.

Inwoners van Viljoenskroon sal nou weer veel gemakliker op Goldberg-, Mare- en Viljoenstraat kan ry nadat dié dorp se plaaslike AfriForum-tak verlede week ingespring het om 30 slaggate op kruisings van dié strate te herstel. ’n Totaal van 45 sakkies teer is ingespan vir hierdie noodsaaklike herstelwerk.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Mooirivier, beklemtoon hierdie projek dat gemeenskappe wat saamwerk, saam ’n reuseverskil kan maak. Plaaslike inwoners Willie en Lynne Griessel het byvoorbeeld hul bydrae tot dié projek gemaak deur hul werknemers se diens beskikbaar te stel vir hierdie herstelprojek en daarmee taklede se taak ligter gemaak.

 Projekte soos dié word aangepak deur middel van takfondse en AfriForum se Viljoenskroon-lede se ledegeld. Op dié manier speel plaaslike inwoners se finansiële bydrae ’n belangrike rol in die projekte wat op plaaslike vlak aangepak kan word. “Dit is verblydend om te sien hoe doeltreffend ledegeld aangewend word om Viljoenskroon mee te verbeter en sodoende terug te ploeg in hierdie Vrystaatse gemeenskap,” sê Pretorius.

Raak vandag nog betrokke!

Jy kan ook ’n verskil in die herstel, opknapping en verfraaiing van Viljoenskroon maak. Sluit vandag nog aan by hierdie AfriForum-tak. Kontak Attie Barnard (082 557 1428) vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button