Local news

Steeds geen woord van vermiste seun

‘n Tiener seun is vanaf 22 Augustus 2024 al vermis.

Daar is steeds geen woord oor vermiste JC Pretorius (17) wat sedert 22 Augustus vermis is nie.

Zuanne-Marie Joubert, eienaar van Die Hartshuis, sê sy kan nie vir JC as vermis verklaar nie aangesien hy nie meer in haar sorg is nie.

“Hy is nog nie as vermis verklaar nie. JC is nie meer wettiglik in my sorg nie. Hy is eintlik tans in niemand se sorg nie. So dit is moeilik vir my om hom as vermis aan te gee, maar ek probeer.”

JC se biologiese pa, vir wie hy baie lief was, is 2 Augustus oorlede.

Zuanne-Marie sê JC het ‘n week na sy pa se dood weggeraak.

“Hy het vir ‘n week na sy pappa se dood met sy pa se familie kontak gehad. Hy het ook baie na sy ma in Parys verlang. JC ken die strate van Parys baie goed. Dit was vir ses jaar van sy jong lewe sy huis voordat hy na Vredefort Hartshuis gekom het. Ons was oorspronklik nie bekommerd nie, hy het al baie weggeloop, maar hy het nie by sy pa se familie uitgekom nie. Sy ma het hom nie met ‘n oog in Parys gesien nie. JC is nou reeds 17 jaar oud, maar steeds nog ‘n jong kind. Hy is gediagnoseer met outistiese spektrum afwyking en nou lank reeds sonder medikasie om simptome te help beheer.”

Indien jy weet waar JC homself bevind, kan jy vir Zuanne-Marie by 081 760 2772 skakel of jy kan die Hartshuis direk op Facebook ‘n boodskap stuur.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button