KidsLocal news

17-Jarige byna drie weke vermis

Hy het in amper drie weke geen kontak met enigeiemand gemaak nie.

JC Pretorius (17), ‘n inwoner van Die Hartshuis in Vredefort, is al sedert 22 Augustus 2024 vermis.

Zuanne-Marie Joubert, eienaar van Die Hartshuis, sê sy is vreeslik bekommerd.

“Hierdie keer is dit anders. Hy gaan maak gewoonlik ‘n draai by sy ma wat in Parys werk, maar het sedert hy weg is, glad nie met haar kontak gemaak nie.”

JC se biologiese pa, vir wie hy baie lief was, is sowat ‘n maand gelede oorlede.

Zuanne-Marie sê JC het ‘n week na sy pa se dood, weggeraak.

“Hy het vir ‘n week na sy pappa se dood met sy pa se familie kontak gehad. Hy het ook baie na sy ma in Parys verlang. JC ken die strate van Parys baie goed. Dit was vir ses jaar van sy jong lewe sy huis voordat hy na Vredefort Hartshuis gekom het. Ons was oorspronklik nie bekommerd nie, hy het al baie weggeloop, maar hy het nie by sy pa se familie in Vanverbijlpark uitgekom nie. Sy ma het hom nie met ‘n oog in Parys gesien nie. JC is nou reeds 17 jaar oud, maar steeds nog ‘n jong kind. Hy is gediagnoseer met outistiesespektrumafwyking en nou lank reeds sonder medikasie om simptome te help beheer.”

Indien jy weet waar JC homself bevind, kan jy vir Juanne-Marie by 0817602772 skakel of jy kan vir die Hartshuis direk op Facebook ‘n boodskap stuur.

Related Articles

Back to top button