Local news

Gospelfees: Jou kaartjie sal ‘n groot verskil maak vir dié kinders

Met jou kaartjie kan jy die verskil maak!

Van die land se voorste Gospel-sangers sal op Vrouedag, 9 Augustus, in Parys gehoor kan word tydens ‘n groot Gospel-fees wat gehou word op Parys Primêre skool se sportgronde. Die fees is ten bate van die nie-winsgewende House of Levi kinderhuis.

Van die kunstenaars wat sal optree is Danie Botha, Deon Allers, Julius Magan, Dudley Mans, Jacques en Liezel, Johan Els Strongman for Jesus, Rooies Strauss, Victorious Vocal Group, Hendri Slabbert, Quentin Venter IFM en Henco Kruger.

Met nagenoeg 2 000 feesgangers wat verwag word, kan elke feesganger werklik ‘n verskil maak in hierdie kinders se lewens wie tot dusver nog net die skadukant van die lewe geken het.

Die geloofsverhaal van House of Levi het begin nadat past. Deon Allers van Beautiful Feet Ministries die roeping gekry het om voltyds in die bediening te gaan.

Kort daarna kry hy in 2005 die visie om ‘n kinderhuis te begin, maar sou dit eers tien jaar later in 2015 ‘n werklikheid word nadat Deon en sy vrou, Maritsa se paaie op merkwaardige wyse gekruis het met maatskaplike werkers en die polisie om kinders te help wat op die mees brutale manier verwaarloos en misbruik is.
Hulle het hul eie huis in Polokwane se deure oopgestel vir vier van hierdie kinders as hawe van veiligheid en liefde.

Vriende van die egpaar kon huisvesting vir nog vyf kinders bied, maar die nood vir ‘n geskikte fasiliteit om nog meer van hierdie kinders te huisves op ‘n lang termyn, word by die dag groter.
‘n Plek waar nie net na hul fisiese behoef- tes omgesien sal word nie, maar ook na hul emosionele en geestelike behoeftes.

‘n Geskikte eiendom moet nou gekoop word om die kinderhuis te begin, en is heelwat fondse hiervoor, maar ook vir die maandelikse bedryf van die kinderhuis nodig.

Met die heerlike gesinsfees op Vrouedag kan jy help om die kinders van House of Levi te help.
Die dag beloof ‘n vol program van 08:30 tot 17:00 met naas die kunstenaars, ook ‘n pretpark vir die kinders, en heerlike kos wat te koop sal wees.

Die program skop af met ‘n ‘walk by faith’ om die rugbyveld.

Kaartjies kos slegs R50 per persoon vir volwassenes.

Kinderkaartjies vir kinders 2-13 jaar kos R30 per persoon, terwyl kinders 0-2 jaar die fees gratis kan bywoon.
Parysenaars kan kaartjies koop by Welkom kafee, Krag Apie Gym, en Sonneblom Kleuters.

Kaartjies is in Vanderbijlpark beskikbaar by Lip Lekker Spyseniers, en in Vaalpark by Victorious Vocal Group. In Potchefstroom kan kaartjies gekoop word by New Skin Clinic.

Vir stalletjie navrae, en belangstellende borge vir die dag kan 078 170 2385 skakel of WhatsApp.
Stalletjies kos R500 waarvan die volle R500 ook gaan vir House of Levi. Elke uitstaller kry ‘n gratis toegangskaartjie vir 1 persoon. Met jou kaartjie kan jy die verskil maak!

Jy kan ook ‘n elektroniese bydrae maak vir die kinderhuis in die volgende rekening:
Beautiful Ministries, First National Bank takkode 250655, rekeningnommer 6278 572 5618, Swift kode FIRNZAJJ, verwysing Kinderhuis.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button