Local news

Ysig mooi

Hoewel sneeu nie in Parys gesien is nie, het Ferdie Jordaan dié pragtige koue foto's in en om Parys geneem.

In Parys was dit Maandag ‘n yskoue 11 grade maksimum. Parysenaars sal ook vir die res van die week die serpe en musse moet naby hou met maksimum temperature wat tot minstens Sondag onder 20 grade Celsius sal wees.
Die koue het fotograwe reg oor die land na hul kameras laat gryp vir sneeufoto’s, en hoewel sneeu nie in Parys gesien is nie, het Ferdie Jordaan dié pragtige koue foto’s in en om Parys geneem.

Dit gebeur baie selde dat dit in Gauteng sneeu, maar vandeesweek het ‘n koue front sneeu na groot gedeeltes van die land, insluitend dié provinsie gebring.

Innes Erasmus, ‘n Vaalweekblad-leser, het die koue trotseer en na die Suikerbosrand Natuurreservaat suid van Johannesburg gegaan om hierdie rare gebeurtenis op foto’s vang. Sien foto’s hieronder,

Geboue by die Suikerbosrand Natuurreservaat met sneeu bedek. Foto: Innes Erasmus
Die Suikerbosrand Natuurreservaat onder ‘n laag sneeu. Foto: Innes Erasmus
Sneeumanne word by die Suikerbosrand Natuurreservaat gebou. Foto: Innes Erasmus

https://vaalweekblad.com/167162/kyk-sneeu-verander-suikerbosrand-natuurreservaat-in-winter-wonderland/

Related Articles

Back to top button