Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n ernstige beroep op skenkers in Parys gedoen om die bloedskenkkliniek op Dinsdag 11 Jullie vanaf 13:00-19:00 by die Hervormde Kerksaal, h/v Loop- en Paulsenstraat, te ondersteun.
Bloedvoorraad is tans kritiek laag weens die winter en skoolvakansie wat ‘n afname in skenkersgetalle veroorsaak. Die afname in bloedvoorraad het ‘n groot impak op pasiĆ«nte.