Local news

Gedragsoogkunde en visuele terapie …want visie is soveel meer as 20/20 sig

Net soos wat ouers belê in hul kinders se onderrig met addisionele klasse, of ekstra sportafrigting, is visuele terapie van onskatbare waarde om jou kind te help om optimaal in die klas en op die sportveld te presteer. Dit is waarlik ‘n belegging in jou kind se hele toekoms.

Dit is belangrik dat beide sig en visie getoets word, want hoe visie gebruik word, is soms baie belangriker as hoe duidelik elke oog sien.

Die visuele proses behels baie meer as net die vermoë om letters op ‘n afstand duidelik te kan sien. Ja, dit sluit skerp fokus op afstand in, maar naby lees en rekenaarwerk, asook die vermoë om duidelike fokus te kan volhou vir lang tye is net so belangrik. Moet ook nie visuele velde (hoe wyd jy kan sien), oogbewegings vir leesvaardighede en die gesondheid van die oog vergeet nie. Die belangrikste is egter die brein se kritiese rol in visuele proses. Hoe sig in visie omskep word, en die persoon sodoende optimaal kan funksioneer. Die volle visuele proses is ‘n fenominale geskenk uit ons Skepper se hand.

Visie begin by die oë, maar ons sien inderwaarheid met die brein. ‘n Ekstreme voorbeeld daarvan is Kortikale blindheid. So ‘n persoon se oë makeer gewoonlik niks nie, maar die brein is ‘blind’. So kan ons in die kleine ‘n kind kry met ogies wat elkeen 20/20 visie het, maar die twee ogies werk glad nie goed saam nie en/of die kommunikasie met en interpretasie van die brein is nie optimaal nie en die gevolg is lees- en leerprobleme en suboptimale funksionering.

Arthur Zajonc verduidelik visie in sy boek, Catching the Light – The Entwined History of Light and Mind. Hier vertel hy van ‘n 8-jarige seun wat blind was van geboorte af weens katarakte.
“Following the operation, they were anxious to discover how well the child could see. When the boy’s eyes were healed, they removed the bandages. Waving a hand in front of the child’s physically perfect eyes, they asked him what he saw. He replied weakly, ‘I don’t know.’ ‘Don’t you see it moving?’ they asked. ‘I don’t know’ was his only reply.

The boy’s eyes were clearly not following the slowly moving hand. What he saw was only a varying brightness in front of him. He was then allowed to touch the hand as it began to move; he cried out in a voice of triumph; ‘It’s moving!’ He could feel it move, and even, as he said, ‘hear it move,’ but he still needed laboriously to learn to see it move. Light and eyes were not enough to grant him sight. The light of day beckoned, but no light of mind replied within the boy’s anxious, open eyes. The lights of nature and of mind entwine within the eye and call forth vision.”

Hierdie is ‘n uitsonderlike geval, maar net soos die 8-jarige se brein nooit ‘leer’ sien het nie, is daar ‘n toenemende aantal kinders wat weens verskeie redes nie optimale visie aangeleer het nie. Meeste babas word met die regte ‘hardeware’ gebore naamlik twee werkende ogies en ‘n werkende brein. Die ‘sagteware’, wat die hardeware laat werk, is om te “leer” sien, en dit word veral tydens die baba en kruipfase ontwikkel.

Lees is visueel. Ons kan nie lees losmaak van die visuele stelsel nie.

‘n Kind met 20/20 visie kan steeds ‘n leesprobleem he. Alle leesprobleme kan gekoppel word aan ‘n nie-optimale visuele stelsel.

Wie is die regte deskundige om te toets of jou kind optimale funksionele visie het? Kom ons kyk na die deskundiges wat na oë, sig en visie omsien:
1. ‘n Konvensionele oogkundige, kan toets of elke oog 20/20 sig het op ver en naby afstande. Op grond van die toetsing word ‘n bril voorgeskryf of kontaklense gepas om optimale ligbreking op
die retina te verseker. Die fokus is dus op elke oog se lensrefraksie. As daar fout is met byvoorbeeld die retina, of katarakte om te verwyder, verwys die oogkundige na ‘n oogspesialis.
2. ‘n Oogspesialis (oftalmoloog) is ‘n mediese dokter wat spesialiseer in die gesondheid van die oog, en kan dus komplekse oogsiektes diagnoseer en behandel. Hulle kan die oë opereer om byvoorbeeld katarakte te verwyder of retinas te herstel.

3. ‘n Gedragsoogkundige is ‘n oogkundige wat verder opgelei is, om die visuele proses te ondersoek. Daar word in diepte gekyk na ontwikkeling, die saamwerk van die oë, die brein se rol in visie en na die persoon in geheel. Visuele ontwikkeling en optimale funksionering is van kardinale belang vir die Gedragsoogkundige. Wanneer ‘n kind wel kan sien, maar ‘n leer- of leesprobleem het, kan die gedragsoogkundige help met assessering van die hele visuele stelsel, en gevolglik help deur middel van visuele terapie, en soms spesifieke brillense of kontaklense.

Visuele terapie behels ‘n unieke en gespesialiseerde program van oefeninge en ander terapie. Dit kan vergelyk word met ‘n oefenprogram, en net soos ‘n mens nie kan verwag om oornag spiere te bou in die gym nie, is dit gewoonlik ‘n program wat oor ten minste 36 weke strek.

Dit word gewoonlik vir 30-60 minute per week individueel in ‘n praktyk deur ‘n opgeleide terapeut of oogkundige gedoen, met moontlike aanvullende tuisoefeninge. Dit verg dus toewyding van beide die pasiënt en die terapeut, maar met uitstekende resultate! Visuele stimulasie en visuele terapie moenie verwar word nie. ‘n Ma kan byvoorbeeld haar baba visueel stimuleer deur sekere aktiwiteite, maar visuele terapie is baie spesifiek nagevorsde oefeninge wat doelmatig aangewend word om die visuele stelsel optimaal te ontwikkel. Baie spesifieke toerusting en lense word met visuele terapie gebruik en ‘n opgeleide gedragsoogkundige moet dit altyd fasiliteer.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button