Local news

Toyotas bly hier in motordiewe se visier

Hoewel daar verskeie nood en sekuriteits WhatsApp-groepe is wat 'n groot taak verrig om inligting vinnig te sirkuleer veral in geval van voertuigdiefstal, is dit ook belangrik dat jy die diefstal onmiddellik by die polisie sal rapporteer sodat gespesialiseerde eenhede en ander polisiestasies ook in kennis gestel kan word om op die uitkyk te wees vir die voertuig.

Verlede week is ‘n Toyota bakkie in Parys gesteel, en is tydens die GPF (Gemeenskap Polisiëring Forum) se maandvergadering gesê dat Toyota bakkies steeds in motordiewe se visier blyk te wees, veral by plekke waar ‘n groot aantal mense bymekaar is, soos by byeenkomste en veilings.

Dit is veral 2018 en nuwer modelle wat geteiken word.

Huisbrake bly ook steeds ‘n probleem met meestal televisies, skootrekenaars, elektriese gereedskap, selfone, kontant, juweliersware, sonpanele en elektriese toebehore wat gesteel word.

Heelwat arrestasie vir huisbrake is wel die afgelope maand deur die polisie gemaak.

Related Articles

Back to top button