Local news

Té stadig vir hardloop, word toe 100 keer se vining stap

Dit was nog altyd vir my lekker om doelwitte te jaag, gesels die blinde Chris Stander van Parys. Hy het verlede naweek sy 100ste parkrun voltooi. “As padhardloper wou ek die Comrades eers tien keer, en toe twintig keer voltooi. Nadat ek die twintigste Comrades in 2015 net-net voltooi het (3 minute en 26 sekondes …

Dit was nog altyd vir my lekker om doelwitte te jaag, gesels die blinde Chris Stander van Parys. Hy het verlede naweek sy 100ste parkrun voltooi.

“As padhardloper wou ek die Comrades eers tien keer, en toe twintig keer voltooi. Nadat ek die twintigste Comrades in 2015 net-net voltooi het (3 minute en 26 sekondes voor die afsnytyd), het dit vir my duidelik geword dat ek eenvoudig té stadig geword het om langafstandwedlope suksesvol te hardloop,” sê hy. So het hy toe besluit dat té stadig hardloop moes plek maak vir vinnig stap . Op 22 Desember 2018 het Chris en sy dogter, Magriet, vir die eerste keer saam aan ‘n parkrun in Parys deelgeneem.

“Teen die tyd dat die Covid-pandemie ons pret kom bederf het, het ek die ou Parys parkrun 27 keer gedoen, sowel as een elk in die botaniese tuine (Pretoria), op Kathu en op Piet Retief,” sê Chris. Hy vertel verder dat sy eerste parkrun saam met ‘n Parysenaar op 27 Julie 2019 was saam met Anna- Marie Ferreira, waarna hy en Belinda Stroh se eerste parkrun saam op 3 Augustus 2019 gevolg het.

Die pandemie het gelukkig later tot so mate die wyk geneem dat Parys die Egweni River Lodge parkrun kon begin, en sedertdien het Chris 70 uit ‘n moontlike 86 parksruns hier gedoen. Sy 100 parkruns (nog ‘n doelwit wat hy gejaag het) was oor die tydperk saam met altesaam 13 gidse gedoen.

Die gidse met die aantal parkruns saam met Chris in hakkies aangedui, was Belinda (46), Magriet (21) en Anna-Marie (15), terwyl die lys van nuwe gidse vinnig groei. “Ek het werklik ‘n wonderlike tuiste in die geledere van die plaaslike parkrunfamilie gevind en bedank graag al my gidse en al die ander lede van die parkrun ‘familie’ opreg,” sê Chris.

Related Articles

Back to top button